×
Skakel na Engels

Hoe om migraine te voorkom en te behandel

’n Mediese kenner gee raad oor hoe om dié verlammende, kloppende hoofpyne te voorkom

Businesswoman with intense stress and painful headache. Woman in job problems.

Die meeste mense wat migraine kry, kry dit ongereeld, maar as jy een van die miljoene mense wêreldwyd is wat dié kloppende en byna verlammende hoofpyn chronies kry, lees gerus aan.

Dr. Sarah Jarvis van Brittanje gee raad oor hoe om chroniese migraine te voorkom:

1. Identifiseer en verminder enige iets wat jou laat stres. Stres kan jou migraine aanhelp en vererger.

2. Eet gereeld; 60% van mense wat chronies migraine kry se simptome het vererger as hulle nie gereeld geëet het nie. Hoe meer jou bloedsuikervlakke wissel, hoe groter is jou kans om ’n migraine te kry.

3. Wees vroeg uit die vere – 40% van mense wat migraine kry, vind dat hul hoofpyne erger is wanneer hulle die oggend laat geslaap het.

4. Mense wat geneig is om migraine te kry is dikwels ook sensitief vir skerp reuke, selfs al is dit aangename reuke. Probeer dus om nie parfuum te dra wat baie skerp ruik nie.

Hier is nog ’n paar natuurlike wenke en tuiskure vir hoe om migraine te voorkom:

1. Drink genoeg vloeistof – vir party mense kan twee tot drie glase koue water help om ’n migraine te voorkom, mits hulle dit drink sodra hulle die hoofpyn voel kom.

2. Oefen gereeld.

3. Stoot jou magnesiumvlakke op deur spinasie, neute, sade en volgraanpap te eet.

4. Voeg ’n paar druppels roosmaryngegeurde vlugtige olie (essential oil) in ’n bak stomende water, leun oor die bak, bedek jou kop met ’n handdoek en asem die stoom vir minstens 10 minute in.

LEES OOK:

8 gesondheidsvoordele van cayennepeper

8 feite oor jou bloeddruk wat jy moet ken

8 gesondheidsfeite wat jy moet jou dokter moet deel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Natuurlike skoonheidsgeheime

Vir ’n kraakvars voorkoms, wortel jou skoonheidsroetine in die natuur

Close