×
Skakel na Engels

Velsorg: Pak dít in wanneer jy vir werk of plesier weggaan

Jy hoef nie jouself af te skeep nie, maar jy wil jou nie dood dra nie …
vakansie

 

Dis eers wanneer hulle weggaan dat baie vroue met ’n skok besef hoeveel toiletware hulle besit en wat hulle alles op ’n daaglikse basis gebruik. Wanneer ons vlieg, hetsy vir werk of vakansie, is dit noodsaaklik om lig te reis, en is daai toiletsakkie nie dikwels verbasend swaar nie? Só kan jy jou velsorgroetine volhou terwyl jy weggaan sonder om van jou staatmaker-produkte af te sien:

Hou dit eenvoudig

Het jy regtig jou dag- én nagroom nodig, sowel as die spesiale serum vir onder jou oë? As jy net vir ’n kort tydjie weggaan, is die antwoord nee. In plaas daarvan om vyf verskillende rome en serums saam te piekel, kan jy jouself tot ’n veeldoelige bevogtiger beperk. Sodoende behou jou vel sy vog (wat baie belangrik is) en is daar genoeg plek vir jou ander toiletware.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Wees eerlik met jouself

Wees realisties wanneer jy jou grimeerprodukte inpak. Hoeveel geleentheid gaan jy regtig hê om jou volle dramatiese ooggrimering met verbronsers én aksentgrimering aan te wend? Kies eerder ’n eenvoudige palet en hou by jou basiese staatmakers soos maskara, onderlaag, oogskadu en dalk een gespesialiseerde item. Die res kan wag tot jy weer by die huis is.

Lees ook: Ons ontbloot agt algemene mites oor grimering en velsorg

Belê in ’n badkamersakkie

Dit is belangrik om ’n badkamersakkie te hê wat by jou behoeftes pas. Soek jy een met baie individuele kompartemente of is jy gelukkig as alles saamgegooi is? Soek jy ’n klein sakkie wat jy in die stort kan ophang of een met meer plek? As jy jou badkamersakkiebehoeftes vasgestel het, gaan jy makliker besluit wat jy in terme van velsorg- en grimeerprodukte moet saamneem.

Maak alles reisgrootte

Dit is dalk die moeite werd om alles in mini-weergawes te koop of in deursigtige reisgrootte botteltjies te belê. Sodoende kan jy heelwat produkte saam met jou neem sonder om oorboord te gaan wat plek betref.

FOTO: iStock/izusek

 

LEES OOK:

Die voordele wat vitamien C-produkte vir jou vel inhou

10 reise waarop elke vrou behoort te gaan

Hoe om jou sonroom op te knap sonder dat jou grimering in die slag bly

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 maniere om te keer dat tegnologie jou vel beskadig

Laat tegnologie vir jou werk, nie teen jou nie

Close