×

Hoe om jou swembroek langer te laat hou

Swemdrag is nie goedkoop nie. En om die perfekte swembroek te vind kan omtrent ’n uitdaging wees. Kry meer waarde vir jou geld deur dit behoorlik te versorg wanneer jy wel “die een” opspoor
swembroek

 

Verleng só die leeftyd van jou swembroek:

1. DIE BELANGRIKSTE DING IS OM JOU SWEMDRAG DADELIK UIT TE SPOEL nadat jy geswem het. Dit maak ’n groot verskil in die somer wanneer jy daagliks swem! Week dit in koue water om enige chloor of sout uit te spoel. Dit keer dat die materiaal beskadig raak.

2. GEBRUIK DIE REGTE SEEP WANNEER JY DIT WAS. Babasjampoe is die beste. Sterk reinigingsmiddels of seep verdof die swembroek se glans en maak die sagte materiaal grof en meer geneig om te verniel.

3. MOET DIT NIE IN DIE SON OPHANG NIE. Dit sal die kleur verbleik. Laat dit in die skadu droog word of hang dit in jou badkamer op. As dit nog nat is wanneer jy van die strand of swembad op pad huis toe is, lê dit plat op ’n handdoek neer en rol dit op. Moenie water uit jou swembroek wring nie; dit verswak die elastisiteit.

 

Lees ook:

’n Swembroekgids vir alle groottes en vorms 

10 briljante maniere om jou klere langer te laat hou

Só lyk gewone vroue in Victoria’s Secret-swemdrag

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Suzelle DIY se wenke en kunsies vir die strand

Suzelle se slim oplossings sal jou stranduitstappie selfs lekkerder maak met minder moeite en meer pret vir almal!

Close