×
Skakel na Engels

Hoe om jou sonroom op te knap sonder dat jou grimering in die slag bly

Lyk goed terwyl jy beskerming geniet
sonroom

Ons almal weet hoe belangrik sonroom is. En aangesien ons onder die ongenaakbare Afrika-son woon én dit somer is, is dit nog belangriker dat ons onsself daagliks daarmee insmeer. Ons weet ook dat dit nie genoeg is om dit een maal die oggend aan te wend wanneer ons heeldag buitekant gaan wees nie. Maar hoe knap jy dit op as jy grimering aanhet? Ons wys jou hoe:

1. Eerste dinge eerste

Nog voor jy daaraan dink om uit te gaan, is dit belangrik om genoeg sonskerm op jou gesig aan te wend. Doen dit nadat jy jou gesig gereinig het en voordat jy grimeer. Is jy nie seker hoeveel jy moet gebruik nie? Ons beveel aan dat jy ’n halwe teelepel sonroom aan jou gesig afstaan. Wag dat dit geabsorbeer word voordat jy jou grimeersakkie nader trek.

Lees ook: Sonskermmiddels: Moenie hierdie 4 plekke vergeet nie!

2. Ekstra beskerming

In plaas daarvan om jou gewone onderlaag te gebruik, stel ons voordat jy ’n getinte bevogtiger probeer wat SBF bevat. Dit behoort nie jou gewone sonskerm te vervang nie, maar kan bo-oor aangewend word vir ekstra dekking, ’n egalige veltoon en beskerming teen die son. Andersins kan jy ’n onderlaag kies wat volledige dekking bied en ’n SBF bevat.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

3. Die regte formule

As jy gewoonlik ’n poeieronderlaag en -blosser gebruik, is dit nou tyd om dit vir ’n vloeibare formule te ruil. Dit sal dit makliker maak wanneer dit by die herhaaldelike aanwending van sonroom kom, want die tekstuur is dieselfde. Dit beteken dat jy eers jou sonroom opknap, dan ’n nuwe laag onderlaag aanwend en die twee meng om ’n egalige resultaat te verseker. Vir die finale afronding kan jy ’n vloeibare blosser aanwend.

Lees ook: 4 algemene foute met sonskermmiddels

4. Hulp uit ’n sproeikannetjie

Ons is versot op setsproeie, en boonop bevat baie van hulle ’n sonbeskermingsfaktor (SBF). Dit beteken dat jy jou grimering na die eerste aanwending kan set, sowel as deur die loop van die dag wanneer jy jou grimering opknap, en sodoende bykomende beskerming geniet. In hierdie geval is dit nie ’n kwessie van minder is meer nie, maar MEER is meer! Vir ekstra beskerming kan jy selfs ’n goeie sonskermsproei in plaas van ’n setsproei gebruik.

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Ons speel klaar met 3 sonskerm-mites

5 redes om ’n organiese sonskermmiddel te kies

6 wenke om te keer dat jou grimering jou ouer laat lyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moet daar van vroue verwag word om grimering werk toe te dra?

Beslis nie!

Close