×
Skakel na Engels

Hoe om jou oë witter en helderder te laat lyk

Jy sal jou oë nie kan glo nie!
oë

Namate ons ouer word, verander ons oë nie net in terme van hoe dit funksioneer nie, maar ook hoe dit lyk. Hoewel gebarste aartjies taamlik algemeen is, kom geelheid, dofheid en verkleuring ook dikwels voor. Daar is deesdae ’n kosmetiese prosedure wat jou oogbal weer witter kan maak, maar dis nogal drasties, veral as daar maklike, pynlose maniere is om jou oë helderder te laat lyk. En hoe minder naalde betrokke is, hoe beter!

Lees: 7 verrassende redes hoekom jy kringe onder jou oë het

Blou oogskadu

Die legendariese aktrise Elizabeth Taylor was nie net vir haar rolle bekend nie, maar ook haar deurdringende violetblou oë. Maar wat was haar geheim? Dit was nie net gene nie, maar ook die indigoblou oogskadu wat sy gebruik het.

Omdat indigo en geel komplementêre kleure op die kleurwiel is, beteken dit een kleur kan gebruik word om die ander een te neutraliseer, amper soos wat ons deesdae met kleurkorrigerende grimering doen. Dit beteken indigo oogskadu of selfs blou maskara sal jou oogballe minder geel laat lyk.

’n Koue lepel

Hierdie stokou skoonheidswenk bly ’n staatmaker: Hou ’n metaallepel in die vrieskas om te gebruik wanneer jou oë ’n bietjie aandag en vertroeteling kort. Hoekom? Koue lepels help om gerekte haarvate – wat rooiheid veroorsaak – te laat ontspan. Masseer ook ’n bietjie klapper- of gesigolie aan die vel onder jou oë en bedek dit met ’n koue lepel om pofferigheid te verminder.

Lees: 7 kosse vir beter sig

Oor-die-toonbank-druppels

Een van die doeltreffendste maniere om jou oogballe in ’n kits witter te laat lyk, is om oogdruppels te gebruik wat die oë bevog en dus rooiheid verminder. Jy moet dit egter nie te gereeld doen nie, want jy kan ’n afhanklikheidsprobleem ontwikkel, maar wanneer dit matig gebruik, is druppels ’n beproefde en getoetse oplossing. Maak seker jy gebruik skoon oogdruppels wat jy by ’n apteek gekoop het en gooi dit weg sodra dit verval het. 

Sojamelk

Nog ’n vloeistof wat jou oogballe witter kan help lyk, is sojamelk. Dit is danksy die ryk anti-inflammatoriese proteïen daarin. Week twee wattepluisies in sojamelk, maak jou oë toe en plaas die watte vir ’n paar minute daarop om rooiheid en pofferigheid te verminder.

Langtermyndoelwit

Ons hoor dikwels dat skoonheid van binne kom. Wat jy binne-in jou liggaam sit, is net so belangrik as wat jy aan die buitekant doen, en dit geld ook jou oë. Eet dus meer kosse soos wortels wat vitamien A en C bevat, drink meer water en vermy dehidrerende vloeistowwe soos kafeïen en alkohol om jou oë in ’n goeie toestand te help hou.

FOTO: iStock/boggy22

LEES OOK:

Wat is wimpergolwing en wat kan dit vir jou oë doen?

7 wenke om jou oë te beskerm

6 oefeninge om jou oë te versterk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die gevare van kontaklense

... en hoe om dit reg te gebruik

Close