×
Skakel na Engels

Hoe om jou kinders se slegte gedrag in ’n week te verander

Hierdie ma het met vyf verskillende strategieë geëksperimenteer. Lees hier wat gebeur het. Deur Jessica Mattern
slegte gedrag

Kinders wangedra hulle – dis ’n feit van die lewe. Maar as dit voel of jou wêreld om een onuitstaanbare kind draai, met min vreedsame oomblikke by die huis, is dit dalk tyd vir ’n verandering.

Jacqueline Burt, ’n enkelma van ’n negejarige dogter en ’n vierjarige seun, het oorweldig gevoel deur haar kinders se alledaagse gekibbel en uitbarstings. Daarom het sy besluit die malligheid moet ophou, verduidelik sy in haar artikel vir Parents.com.

“My kinders se irriterende neigings is geneig om die ergste in my na vore te bring,” het sy geskryf. Sy het besef om haar kinders se gedrag te verander sou sy hare ook moes verander. Jacqueline het uitgereik na van die beste ouerskapkenners in die land vir hulle dissiplinewenke en dit toe vir ’n week op haar eie kinders getoets.

Hier is van die metodes wat sy nuttig gevind het toe haar kinders moeilik geraak het.

1. Moenie reageer nie.

Toe Jacqueline se seun ongeduldig geraak het terwyl sy inkopies gedoen het, het sy besluit om nié op sy uitbarsting te reageer nie en gevind dat dit ’n groot verskil gemaak het. “Die fout wat die meeste ouers begaan, is om op wangedrag te reageer omdat negatiewe aandag beter is as geen aandag nie,” het dr. Ed Christopherson, ’n kliniese kindersielkundige, vir haar gesê. Binne ’n paar minute het haar seun besef hy gaan nie die aandag kry wat hy wil hê nie en gekalmeer. Só het sy ’n krisis voorkom!

2. Wees optimisties.

Pleks van hom af te jak toe haar seun oor ’n probleem gekla het, het Jacqueling hom aangemoedig om te reg te stel – en hom op ’n positiewe toon verseker dat hy dit kán doen. Hoe jy verwag jou kinders gaan optree, is dikwels presies wat gbeur – dis soort van ’n selfvervullende profesie, het Robin H-C, ’n gesinsafrigter en die skrywer van Thinking Your Way to Happy!, verduidelik. “Wanneer jy jou kind etiketteer, maak seker dit is positief sodat hy iets het om na te streef,” het die kenner gesê. Onmiddellik daarna het haar dogter ingetree om haar broer te help en was daar vrede.

3. Gee die toon aan en wees ’n voorbeeld.

As jou kinders kla en geïrriteerd is, moet jy die een wees wat hulle wys hoe om reg op te tree, het dr. Jayne Bellando, ’n kindersielkundige, gesê. Toe Jacqueline se kinders laat vir skool geraak het, het sy besluit om hulle kalm te herinner dat hulle binnekort moet vertrek eerder as om te sanik soos sy gewoonlik sou doen. Toe het sy haar eie houding vir haar kinders uitgewys. Haar dogter het die verskil raakgesien en selfs gesê: “Dis goed, Ma.” Die beste deel? Dit het gewerk!

4. Erken jou kind se gevoelens wanneer hulle hulle swak gedra.

Daar is ’n rede hoekom kinders [oor iets] uitvaar, het Gary M. Unruh, die skrywer van Unleashing the Power of Parental Love, gesê. Wanneer jy verduidelik dat jy verstaan hoekom jou kind iets verkeerds gedoen het, is hy meer geneig om te voel dat hy verstaan word en op ’n positiewe manier te reageer. “Dit is hoekom jy die gevoelens moet uitwys wat veroorsaak dat jou kind haar wangedra en haar dan ’n redelike straf gee,” het Unruh gesê. Toe Jacqueline se dogter haar boetie geslaan het nadat hy haar armband gebreek het, het die ma aan haar verduidelik dat sy kan verstaan hoekom sy kwaad is. Toe het Jacqueline haar kamer toe gestuur, maar haar dogter het glad nie oor die straf gekla nie, want sy het het gevoel sy is gehoor.

5. Wees konsekwent met die reëls.

Kinders is meer geneig om hulle goed te gedra as hulle weet jy gaan hulle straf. “Jy moet konsekwent wees, jou verwagtings duidelik stel en vermy dat jy self uitbars,” het Bertie Bregman, die hoof van gesinsmedisyne by die New Yorkse Presbiteriaanse hospitaal, gesê. Jacqueline het ’n motto gekies wat sy elke keer sou sê wanneer haar seun hom wangedra en hy het dit eindelik besef en verstaan. Sy het erken dat hierdie taktiek hom geïrriteer het, maar dit het nie saak gemaak nie, want hy kon sy slegte houding raaksien en dit verander.

Lees Jacqueline se volle artikel op Parents.com.

Van: Woman’s Day

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moenie Nasionale Uitruildag misloop nie!

Bring jou ekstra Checkers-"mini's" en ruil dit uit om jou versameling te voltooi. Vind uit waar en wanneer ...

Close