×
Skakel na Engels

Hoe om jou hare sonder hitte reguit te kry

Ja, dit ís moontlik!
reguit hare

Ons het nog altyd geglo dat die enigste manier om jou hare mooi reguit te kry, is deur allerhande hittetoestelle te gebruik. Maar het jy geweet dis moontlik om dit sonder enige hitte te doen? Volg dié wenke vir reguit hare wanneer jou stryktang nie byderhand is nie:

1. Gebruik die regte produkte

Die eerste stap is om seker te maak jou hare is glad en glansend deur die regte produkte te gebruik wanneer jy jou hare was. Kies ’n sjampoe en opknapper wat romerig en voedend is en jou hare sal voed en herstel. 

Lees: Het jy dun hare? Hier is vyf goed wat jy moet vermy

2. Gebruik ’n serum of haarroom

Wanneer jy klaar jou hare gewas het, druk soveel moontlik van die water uit. Wend dan ’n room of serum aan wat jou hare glad sal maak, en wend dit van die middel van jou hare tot by die punte aan. ’n Aanlos-opknapper sal ook werk. 

3. Haal jou haardroër uit

Nee, hier’s steeds geen hitte betrokke nie! Gebruik jou haardroër se koue verstelling om jou hare droog te blaas. Maak seker die tuit wys na onder en trek jou hare liggies reguit sodat dit gladder droog word. 

Lees: Getoetste produkte: Haartange

4. Gebruik groot krullers

As jy nog iewers in jou laai ’n paar krullers het, haal dit nou uit en stof dit af. Nadat jy jou hare met ’n handdoek drooggemaak het, rol dit om die krullers en steek dit stewig vas. Haal dit uit wanneer jou hare heeltemal droog is.

5. Set dit met haarsproei

Om seker te maak jou hare lyk heeldag mooi glad, spuit ’n serum of sproei aan wat kroeserigheid sal beveg. Dit sal keer dat jou hare deur die loop van die dag oppof of krul.

Foto: iStock/yuriyzhuravov

LEES OOK:

Hierdie 6 algemene stryktangfoute beskadig jou hare

5 grootste foute wat jy begaan wanneer jy jou hare droogmaak

Voorkom só haarverlies

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vermy hierdie foute wanneer jy jou hare kleur

Ons het die kenners gevra om ons op hoogte te bring. Deur Sophie Hines

Close