×
Skakel na Engels

Hoe om die regte Persiese tapyt te kies

Persiese tapyte is pragtig, tydloos en uniek. Maar met so baie kleure, teksture en ontwerpe om van te kies, hoe kies jy die regte een vir jou huis?

 

 

STAP 1: KRY ’N AGTENSWAARDIGE HANDELAAR

Besoek ’n spesialis-handelaar soos Victor Lidchi in Johannesburg. Gespesialiseerde handelaars het hul ambag van hul ouers en grootouers geleer. As jy in die mark is vir ’n Persiese tapyt, kyk vir iemand wat ’n passie vir die besigheid het en die kennis om jou te help om die beste tapyt te koop. “Buiten dat dit ’n belegging is, moet ’n Persiese tapyt naatloos by jou leefstyl en jou dekor inpas,” sê Lidchi.

 

STAP 2: WEET WAARVOOR JY SOEK

Wanneer jy besluit het in watter vertrek jy die tapyt wil gebruik, dink oor die grootte van die tapyt en die kleurskema. Neem ’n skets van wat jy soek saam wanneer jy winkel toe gaan met die afmetings van die vertrek en die geraamde grootte van die tapyt. Dit sal jou en die handelaar help om die grootte van die tapyt wat jy nodig het uit te werk. As jy wil hê die tapyt moet by jou dekorskema inpas, neem ’n foto van die vertrek en neem voorbeelde van kleure wat in die vertrek voorkom saam om jou te help om iets bypassends te kies.

 

STAP 3: SOEK VIR IETS WAAROOR JY DOL IS

Wanneer jy ’n tapyt kies, gaan dit nie net oor een wat by jou huis sal inpas nie – jy moet vanselfsprekend dol daaroor wees! Vrae wat jy die handelaar moet vra, is oor die gehalte, ouderdom en prys van die tapyt. Tensy jy ’n kenner is, laat die handelaar jou lei. Jy koop ’n beleggingstuk. Neem dus die tyd om iets te kry wat vir jou huis én jou beursie werk.

Foto: iStock/rudisill

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 stappe om jou motorhuis terug te eis

As huishoudelike rommel jou motorhuis of motorafdak in ’n morsjors-stoorkamer verander het, is dit tyd om jou parkeerplek terug te...

Close