×
Skakel na Engels

Hoe om die leeftyd van jou nuwe haarkleur te verleng

Keer só dat jou nuwe kleur sy woema verloor
haarkleur

Daar is iets aan die gevoel van ’n vars, nuwe haarkleur. Dit kan jou ’n splinternuwe voorkoms gee, jou (vir ’n verandering) laat hoop dat jy jou eks raakloop, en dit regverdig ’n skaamtelose hoeveelheid selfies. Daar is deesdae baie nuwe en innoverende haarkleurprodukte wat jou ’n treffende en moderne haarkleur kan gee. Dis egter ’n minder lekker gevoel wanneer jy in die stort spring om jou nuwe kapsel te was net om ná die tyd te ontdek dat jou hare ’n skakering of twee ligter is. Al daai kleur in die drein af!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Ongelukkig is dit so dat alle semipermanente haarkleure mettertyd verdof. Presies hoe lank dit neem, word deur ’n aantal faktore bepaal, van die gehalte van die produk tot hoe mooi jy na jou hare kyk nadat dit gekleur is. Oor laasgenoemde het jy meer beheer. Só kan jy die lewe van jou fantastiese nuwe haarkleur verleng:

Kies jou produkte reg

Shelene Shaer, L’Oréal se meesterstilis en mede-eienaar van Tanaz Hair, ken haar storie wanneer dit by kleurinstandhouding kom. “Die eerste stap is om in ’n goeie sjampoe te belê, want jy wil jou hare was sonder om dit van die kleur te stroop,” verduidelik sy. “Die tweede stap is om net so ’n goeie opknapper te gebruik, want dit hou die vog in jou hare, seël die kutikels en bevorder glans.” Die L’Oréal Professionnel Vitamino Color Shampoo & Conditioner Bundle is spesifiek vir kleurbehandelde hare geformuleer en verleng die intensiteit en leeftyd van jou nuwe kleur.

 

Vermy te veel hitte

Soos ons almal weet, is hitte sleg vir jou hare. Dit behoort jou dus nie te verbaas dat die gebruik van warm stileerinstrumente jou haarkleur minder glansend sal laat lyk nie. “Hitte kan jou hare brand en verdof,” sê Shaer, en daarom is dit belangrik om jou stileerinstrument nie op sy warmste te stel wanneer jy dit gebruik nie. Met die ghd air hairdryer kan jy die temperatuur beheer sodat jou hare gesond en lewendig kan lyk.

hair colour, blowdry, dry, heat, protection, bold, bright, haircare, hair

ghd air hairdryer / R1 709,10

Beskerm jouself

Sonblootstelling is net so sleg vir jou hare as vir jou gesig. “As jy tyd in die son gaan deurbring, raai ek aan dat jy altyd probeer om ’n hoed te dra,” sê Shaer. Maar nog voordat jy een opsit, is dit ’n goeie idee om ’n sproei te gebruik wat hare teen skadelike UV-strale beskerm. Balmain Sun Protection Spray is nie net effektief nie, maar ruik en voel ook heerlik luuks.

Lees ook: Hoe om jou hare sonder hitte reguit te kry

Gaan vir ’n knip

Jy dink dalk nie dat ’n haarsny iets vir jou kleur kan doen nie, maar dit kom alles op ’n illusie neer. Waarom? Want dit laat jou hare eenvoudig beter lyk. ” ’n Sny of knip is ’n fantastiese manier om jou haarkleur se lewe te verleng,” sê Shaer. “Probeer om hierdie twee behandelings afsonderlik te laat doen, want hare lyk áltyd varsgekleur ná ’n goeie sny.” Die kenner het gepraat!

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Vermy hierdie foute wanneer jy jou hare kleur

6 belangrike feite vir wanneer jy hare was

Hoe om jou hare hierdie somer gesond te hou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dít gaan 2018 se gewildste haarneigings wees

Al die inspirasie wat jy nodig het!

Close