×
Skakel na Engels

Hoe om die beste blosser vir jou vel se ondertoon te kies

Die regte blosser vir ’n bloesende dog natuurlike gelaat!
blosser

’n Mens sou dink dat blosser een van die makliker grimeerkopies is, maar om een te kry wat jou regtig pas en natuurlik lyk, is nie so eenvoudig soos om net ’n mooi kleur te gaan koop nie. Jammer! Baie mense maak die fout om ’n kleur te kies wat of te helder of te dof is. Ons wys jou hoe om vanuit die staanspoor die volmaakte blosser kry. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lees ook: 3 nuwe maniere om jou blosser aan te wend

Wat is jou ondertoon?

Die eerste stap in jou soeke na die volmaakte kleur blosser is om vas te stel of jou vel ’n warm of koel ondertoon het. Daar is verskeie maniere om dit te doen: As jy na jou are kyk en hulle blou of pers lyk, het jy ’n koel ondertoon, en as hulle groen lyk, is jou ondertoon warm.

Om agter jou ore te kyk kan ook werk; as die vel agter jou ore ’n gelerige skakering het, is jou ondertoon warm, en as dit pienkerig is, is jou ondertoon koel. Sodra jy dit bepaal het, kan jy jou perfekte skakering blosser gaan uitkies.

Lees ook: 6 wenke om te keer dat jou grimering jou ouer laat lyk

Ligte vel met ’n koel ondertoon

Mense wat hierdie soort vel het en ’n natuurlike voorkoms verlang behoort by sagte pienke te bly, soos M.A.C Powder Blush in Pink Swoon. Lyk pragtig met pienk!

Ligte vel met ’n warm ondertoon

’n Sagte perskeskakering soos NYX Professional Makeup Baked Blush in Foreplay sal iemand met hierdie veltoon ’n stralende gelaat gee. 

Medium vel met ’n koel ondertoon

Hierdie veltoon pas die beste by ryk pienke soos Essence Matt Touch Blush in Berry. Dié skakering is donker genoeg om vir effek te sorg, maar ook lig genoeg om 100% natuurlik te lyk. 

Medium vel met ’n warm ondertoon

Diep perskeskakerings is perfek vir mense met hierdie ondertoon en Wet n Wild Color Icon Blush in Mellow Wine is ’n goeie keuse. 

Donker vel met ’n koel ondertoon

Donker fuchsia-skakerings en selfs sekere perse is ’n wonderlike keuse vir dié van ons met ’n donker vel en ’n koel ondertoon. Probeer Woolworths Powder Blush in Plum. 

Donker vel met ’n warm ondertoon

Dieprooie, helderrooie en rooiwynskakerings lyk fantasties by persone met ’n donker veltoon. Smashbox L.A. Lights Blendable Lip & Cheek Color in Wine is ’n wonderlike kleurkeuse.

FOTO: iStock/DragonImages

LEES OOK:

Hoe om jou sonroom op te knap sonder dat jou grimering in die slag bly

Die grootste grimeringfout wat die meeste vroue maak

5 produkte wat elke grimeersakkie kort

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om jou sonroom op te knap sonder dat jou grimering in die slag bly

Lyk goed terwyl jy beskerming geniet

Close