×
Skakel na Engels

Hoe om die 70’s-voorkoms te kry

Jy hoef nie ʼn fortuin te spandeer om hierdie ‘nuwe’ modeneiging te volg nie

Soos die geskiedenis, herhaal modeneigings hulself. ʼn Mens sien dikwels klere in die winkels wat jy net ʼn paar jaar gelede gedink het jy nooit weer sal dra nie. Hierdie herlewing van modeneigings het daartoe gelei dat tweedehandse klerewinkels al gewilder geword het. Dis glad nie nodig om elke keer jou hele klerekas te vervang sodra daar ʼn nuwe neiging of gier is nie.

 

As die gedagte aan ʼn vreemdeling se klere jou egter nie aanstaan nie, kan jy altyd van jou eie – of jou ma of ʼn vriendin – se klere herbenut. Die mode van die 70’s is deesdae weer groot nuus. Die kanse is goed dat jy of iemand wat jy ken nog ʼn paar klassieke 70’s-items besit. So, of jy nou nuwe items gaan koop of nuwe lewe aan ouer items gaan gee, hiér is van die belangrikste items wat jy nodig het om die 70’s-voorkoms te voltooi:

 

Die Maksirok

Kyk uit vir rokke wat tot op die grond hang en met groot, helder motiewe daarop

Die maksirok was groot nuus in die somer. Dis ʼn vleiende rok vir vroue van enige ouderdom. Dra dit in die winter saam met kouse, stewels en ʼn noupassende wintersbaadjie.

R799 Leigh Schubert op Zando

Die Klokbroek

Kyk uit vir ʼn broek wat jou figuur sal vlei

As jy nie mal is oor of moeg is vir die noupypbroek, kies dan ʼn langbroek wat uitklok na onder. In die 70’s was dit ʼn geval van hoe wyer, hoe beter. Vandag is die reël dat die pyp onder nie breër as jou voet moet wees nie, anders kan die broek jou korter laat lyk as wat jy is.

R360 by Foschini

Die Sagte Bloes

Kyk uit vir bloese met vrolike blommotiewe of met valletjies om die nek

Die sagte, vroulike bloes dateer eintlik uit die 40’s, maar in die 70’s het dit ʼn vars, nuwe voorkoms gekry en die neutrale kleure is met helder motiewe vervang. Kyk uit vir sagte, vroulike valle of selfs een met ʼn strik om die nek.

R120 by Fashion Express

Die Slaprandhoed

Kyk uit vir ʼn hoed in ʼn donker kleur asook oulike borspelde of linte om ʼn tikkie glans mee by te voeg

Die meeste mense dink hoede is net vir die somer, maar dié hoed kan enige wintersuitrusting van so-so na sjoe! neem. Kies ʼn hoed in ʼn donker kleur vir die winter. As jy nog jou ligte een van die somer het, bind eenvoudig ʼn swart of bruin lint om die hoed.

R250 by Poetry

 

Meng hierdie items van die 70’s met ander klere uit jou kas om jou voorkoms vars en modern te laat lyk.

Teks: Andie Reeves (Mode-assistent)

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skud die wintervetjies in net 10 minute af

Is dit te koud om buite te gaan oefen? Probeer dan dié maklike oefeninge wat jy in die gemak van...

Close