×
Skakel na Engels

Hoe ’n gesigbehandeling jou vel ’n kollageen-hupstoot kan gee

Een gesigbehandeling is dalk al wat tussen jou en ’n vlekkelose vel staan! Deur Helen Wallace
gesigbehandeling

Ten spyte van die feit dat ek in die skoonheidsbedryf werk, het ek eers onlangs vir my eerste gesigbehandeling ooit gegaan. Ek het net te veel bangmaakstories gehoor van vroue wat slegter lyk voordat hulle beter lyk, en van die puisies waardeur jou vlekkelose gelaat voorafgegaan word.

Nodeloos om te sê, was ek ’n bietjie skepties toe ek genooi is om vir ’n gesigbehandeling by ’n Futurethis-tak in Kaapstad te gaan. Ná my behandeling het ek egter nie net ontspanne en verfris gevoel nie, maar my vel het ongelooflik gelyk. Ek dink ek is “bekeer”!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Meer oor die handelsmerk

Wanneer gewone velsorg en die mediese wetenskap gekombineer word, word produkte vervaardig wat as kosmeseutiese of medikosmetiese middels bekendstaan. Dit beteken dat persone wat op mediese gebied ’n diepgaande kennis van die vel het, produkte skep wat beter daarin slaag om ons veltoestand te verbeter.

Dit is die beginsels waarop QMS Medicosmetics gegrond is. Al hul produkte is ontwerp om kollageenproduksie te bevorder sodat vog die vel dieper kan binnedring om elastisiteit te verbeter. Die aktiewe bestanddele is ook sagwerkend genoeg om nie ’n sensitiewe en probleemvel te irriteer nie. 

Lees: Kollageenaanvullings: Kan jou vel daarby baat vind?

Die behandeling

Ek het die Activator-behandeling gehad wat ontwerp is om ’n gedehidreerde, moeë vel te bevog, te voed en te stimuleer. Die eerste stap was ’n diepreiniging van porieë en afskilfering waarna ’n strelende masker aangewend word om die vel te kalmeer. Nadat ’n velontleding gedoen is, is kollageen – hul fokusbestanddeel – met sagte tikbewegings op my gesig aangewend. Dit is deur ’n tweede masker gevolg, wat dik en klewerig gelyk het, maar heerlik koel op my vel was terwyl dit met ’n spatel aangewend is.

Terwyl die masker geset het, is my nek en hals met ’n verfrissende room gemasseer. Nadat die masker – wat intussen ’n soliede afgietsel van my gesig gevorm het – verwyder is, is ’n intensiewe bevogtiger en oogroom aangewend, sowel as ’n BB-room om my ’n gesonde gloed te gee. 

Daar is aan my belowe dat ek wonderlik sou voel en lyk. En ek het! Nie net het my vel ’n gladder en jonger voorkoms gehad nie; ek het ook heel stralend gelyk, al moet ek dit nou self sê. Ek het reeds vir my volgende sessie begin spaar …

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Kan gesigoefeninge die sleutel tot ’n lieflike, gloeiende vel wees?

Hoe om jou hande jonger te laat lyk

Maklike maniere om jou vel in ’n kits op te kikker

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 5 behandelingspakkette ter waarde van R7 260 elk van The Laser Beautique!

Vyf gelukkige lesers kan elk ’n behandelingspakket wen met vergunning van Goeie Huishouding en The Laser Beautique! Niechirurgiese-skoonheidskenners van The...

Close