×
Skakel na Engels

Hoe gaan dit met jou Nuwejaarsvoor-nemens vir 2014?

Dis maklik om op dapper Nuwejaarsvoornemens te besluit, maar die moeilike deel is om daarby te hou! Ons het met Jenny le Roux, plaaslike modeontwerper en eienaar van Habits, gesels oor haar voornemens vir 2014 en of sy daarby hou

Jenny le Roux

 

 

“My voornemens lyk nog dieselfde as tien jaar gelede – oefening, dieet, meer tyd weg van die werk, vakansies, bla bla bla. Maar hiep-hiep-hoera! Ek het klaar reëlings vir vanjaar getref! Ek het vir die drie dae lange Design Indaba-konferensie bespreek en om New York toe te gaan. (Sjoe! Nie dat dit veel van ’n vakansie gaan wees nie.) Ek drink nie meer gaskoeldrank nie. (Ha-ha! Ek weet nie hoe lank dít gaan hou nie!) En ’n maandelikse besoek aan die Librisa-spa by die Mount Nelson is ’n moet (al klink dit nie na te veel van ’n marteling nie).” – Jenny le Roux

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief