×
Skakel na Engels

Hoe en waar om aksentgrimering aan te wend

Hou die blink kant bo!
aksentgrimering

Wanneer dit by skoonheidsneigings kom, was aksentgrimering beslis die uitblinker in 2017. Ons is dol oor hierdie glanspoeier! Maar daar is ’n regte en verkeerde manier om dit aan te wend. Ons verduidelik hoe om dit te gebruik sodat mense om die regte redes oor jou grimering praat!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Weet wanneer om dit aan te wend

In watter stadium van jou grimeerroetine moet jy glanspoeier aanwend? Ons verkies om dit as deel van die finale afronding te gebruik. Dit beteken dit word ná jou onderlaag en blosser aangewend.

Lees ook: 4 van die jongste grimeertegnieke

2. Gebruik jou vingers

Dink jy jy het allerhande spoggerige kwaste of sponse nodig om aksentgrimering aan te wend? Dink weer! Selfs grimeerkunstenaars meen jou vingers is die beste “gereedskap”.  Dit gee jou meer beheer oor hoe en hoeveel glanspoeier jy aan jou gesig aantik. 

3. Kies die regte plek

Vir aksentgrimering om so natuurlik moontlik te lyk, moet jy dit aan dié dele aanwend waarop die lig natuurlik sou val. Dit sluit jou wangbene, jou wenkbroue, die bokant van jou neus, die boog van jou lippe en jou ken in. 

Lees ook: 5 maniere waarop blosser die jare kan laat waai

4. Kry die geskikte skakering

As jou doelwit is om so natuurlik moontlik te lyk, moet die kleur van die glanspoeier amper dieselfde skakering as jou vel wees. Dis egter nie ’n vaste reël nie, en daar is ’n groot verskeidenheid om van te kies – van pienk tot holografies (’n blouerige silwer glans).

5. Hou jou vel in gedagte

Vir aksentgrimering om die beste te lyk moet jy een kies wat vir jou veltipe geskik is. As jy ’n droë vel het, vermy ’n poeierweergawe, want dit kan jou vaal laat lyk. Kies dan eerder ’n vloeibare opsie.

6. Hou dit natuurlik

Wanneer jy aksentgrimering kies, kyk uit vir een wat net ’n effens glans het en nie te veel blink nie. Dit sal verseker dat jou grimering natuurlik en so douvars as moontlik lyk, en dit maak boonop dat jy dit nie net saans nie, maar bedags ook kan dra.

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Die grootste grimeringfout wat die meeste vroue maak

Hoe om kontoergrimering soos ’n kenner aan te wend

6 wenke om te keer dat jou grimering jou ouer laat lyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skoonheidswenk: Hoe om tatoes met grimering te verbloem

Jou geheim is veilig by ons ;)

Close