×
Skakel na Engels

Hierdie nuwe WhatsApp-funksie sal jou lewe verander

Jy sal nooit weer vergeet om op iemand se WhatsApp te reageer nie! Deur Anya Meyerowitz
whatsapp

Enige iemand wat die gewilde boodskap-app WhatsApp gebruik, sal weet dat jy verby al jou boodskappe moet afrol om daardie een vriend of familielid se naam te kry met wie jy regtig moet praat. Op die oomblik rangskik die app jou boodskappe van die nuutste na die oudste. Tensy jy dus elke paar minute met iemand gesels, is dit onwaarskynlik dat sy/haar naam bo-aan sal bly.

Maar dié boodskapdiens kan dít dalk binnekort verander deur jou toe te laat om boodskappe bo-aan die lys “vas te steek”, wat dit makliker sal maak om jou gunstelingkontakte te kry. Die funksie is tans nog in die ontwikkelingsfase, maar Indy100 berig dat dit “waarskynlik binnekort aan iOS- en Android-gebruikers beskikbaar gestel sal word”.

Maar hoe werk dit? “Om ’n boodskap bo-aan die lysie ‘vas te steek’, moet jy lank op ’n individuele of groepsgesprek druk om ’n menu op te roep met ’n opsie om dit te ‘pin’,” verduidelik die Business Standard. “Kies die ‘pin’-simbool en jou gunstelinggesprek sal altyd bo-aan die lys verskyn. Jy kan die gesprek weer ‘unpin’ deur dieselfde prosedure in die app te volg.”

Lees ook: Keer dat jy hierdie algemene Facebook-fout begaan

Ons het die tegno-ekspert Carrie-Ann Skinner gevra wat sy van hierdie nuwe funksie dink: “Dit is ’n baie nuttige eienskap,” sê sy. “Dit gebeur dikwels dat jy ’n boodskap sien en lees, maar nie tyd het om dadelik daarop te reageer nie.” 

“Deur dié gesprek bo-aan die lysie te ‘pin’, sal jy waarskynlik nie vergeet om later ’n boodskap terug te stuur nie. ’n Basiese toetsweergawe van dié funksie is tans beskikbaar, maar ons hoop WhatsApp sal dit binnekort aan al sy gebruikers beskikbaar stel.”

Nou kom die moeilike deel: Jy kan slegs drie gesprekke op ’n slag merk. Wie gaan in jóú topdrie wees?

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/Geber86

LEES OOK:

5 wenke om jou Boomerang-vaardighede vir Instagram op te skerp

7 wenke vir hoe om die regte slimfoon te kies

Is jy verslaag aan tegnologie? 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 wenke om ’n angsversteuring te herken – en hoe om dit te hanteer

Die simptome, asook strategieë om dit te oorkom

Close