×
Skakel na Engels

Hierdie ma se geniale truuk om haar baba medisyne in te gee, het soos ’n veldbrand versprei

Jy sal hierdie een wil onthou. Deur Caroline Picard
baba medisyne

 

Mary Poppins se antwoord was ’n “spoonful of sugar” om medisyne gesluk te kry, maar een Britse ma se wenk vir die toediening van medisyne is waarskynlik baie meer prakties (en gesonder!) wanneer dit by ’n gewone koors kom.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Helena Lee, ’n verpleegpraktisyn in Brittanje, het dit op Facebook geplaas om alle ouers met kleingoed te help. Sy het 24 uur lank gesukkel om haar seuntjie medisyne te gee. Elke keer wanneer sy ’n dosis vir klein Alfie wou ingee, het die helfte daarvan op hom en sy klere beland.

Toe het sy van ’n slim truuk onthou. Met die onbekende spuit in die ’n botteltiet gekamoefleer, het die seuntjie nie twee maal gedink nie. “Niks het gemors nie,” het sy geskryf. En beter nog: Daar was geen trane nie!

Ma’s kon nie genoeg van hierdie eenvoudige wenk kry nie; duisende mense het haar plasing gedeel en hul vriende gemerk. ’n Mens het immers niks meer nodig as wat jy reeds in jou huis het nie. Ander het met nog slim wenke na vore gekom, soos om die spuit in die hoekie van die mond te hou.

Maar voordat jy hierdie briljante idee op die proef stel, beveel ons aan dat jy eers met jou dokter gesels. Die American Academy of Pediatrics adviseer dat jy met ’n pediater praat voordag jy énige medisyne vir ’n kind 0nder twee gee. ’n Kenner kan jou help om die regte dosis te bereken (gegrond op jou baba se gewig, nie ouderdom nie) en al jou vrae beantwoord. Ouers moet verkieslik die doseringsapparaat wat saam met die medikasie kom, gebruik om die medisyne af te meet, nooit tee- of eetlepels nie.

Uit: Good Housekeeping US

FOTO: iStock/Weekend Images Inc.

LEES OOK:

Maandelikse rubriek: Maak bekwame kinders groot

8 veluitslae op kinders waarvan elke ouer moet weet

Wanneer geboortevlekke op babas en kinders ‘n bekommernis is

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Nageboortelike haarverlies: Wat vroue moet weet

Jy word dalk ’n bondeltjie vreugde ryker, maar verbeel jy jou of raak jou kop al hoe yler?

Close