×

In hierdie jaar se Sainsbury’s-Kersfeesadvertensie bring James Corden ‘n ode aan gesinstyd

Verskoon ons gou, ons moet ons ma’s gaan bel …
sainsbury james corden

Die Britse supermarkgroep Sainsbury’s het harte verlede jaar warmer laat klop deur ‘n versnit van nostalgie, emosionele oomblikke en, natuurlik, katjies, in hul Kersfeesadvertensie te kombineer. Die klem val hierdie jaar weer op familie en saamwees, maar hierdie keer is daar van enkelraamanimasie en James Corden gebruik gemaak.

Die Sainsbury’s-Kersfeesadvertensie fokus op ons held, Dave, en alles wat hy gedurende die aanloop tot Kersfees gedoen moet kry. Hy is eintlik net ‘n doodgewone pa wat sy gesin met die beste geskenke wil bederf, maar hy’s veels te besig en die stres raak uiteindelik te veel.

Dus doen hy wat almal van ons wens ons in so ‘n situasie kon doen. Hy maak speelgoedweergawes van homself om al sy Desember-verpligtinge uit te voer: ‘n robotvliegtuigie vir Kersinkopies, ‘n knikkende hond vir vergaderings, ‘n speelgoed-apie wat sy lessenaar uitsorteer. Alles sodat Pa ‘n bietjie tyd saam met sy gesin kan deurbring.

Die hele verhaaltjie word in die vorm van ‘n liedjie vertel wat deur James Corden gesing word, en is met enkelraamanimasie geskep. (Met ander woorde dit het ‘n ewigheid geneem om drie minute se beeldmateriaal saam te stel.)

Dis nie net baie kostelik nie; Sainsbury’s het seker gemaak dat die advertensie meer doen as net vermaak.

Hulle het met die Great Ormond Street Hospital saamgespan; die geld wat deur middel van die veldtog ingesamel word, sal aangewend word om verblyfplekke vir gesinne te bou sodat kinders wat in die hospitaal is naby hul familie kan wees.

 via: Good Housekeeping US

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Waitrose se Kersadvertensie volg ’n klein rooiborsie se lang pad huis toe

Dis oukei om te huil

Close