×
Skakel na Engels

Hierdie eier-tendens is besig om die internet te breek!

Wolk-eiers het mense oor die wêreld heen en veral op sosiale media aan die gons. Deur Lauren Miyashiro
eiers

Maar wat presies is hierdie nuwe kosneiging? Wolk-eiers, of altans eiers in wolke, word gemaak deur geklopte eierwitte in nessies te vorm en die eiergele daarin te plaas.

Om die eierwitte en -gele te skei is omtrent die moeilikste deel – die res is heel eenvoudig. Sodra die eiers geskei is, volg dié stappe om wolk-eiers te maak:

Klits die eierwitte totdat dit stywe punte vorm. As jy ’n staan- of handklitser het, gebruik dit! Vou dan gekapte ham (of gaar spek) en parmesaan daarby in om die gereg vullender te maak. Die ekstra bestanddele is opsioneel, maar ons beveel dit beslis aan!

Skep en vorm die eierwitte in nessies op ’n bakplaat wat met bakpapier bedek is en bak tot geset en effens goudkleurig. Plaas ’n eiergeel in die middel van elke nessie en bak dit verder totdat die gele net in die middel geset is.

Ja, ons weet dit lyk amper te mooi om te eet, maar neem ’n foto (vir Instagram, natuurlik!) en val weg terwyl die geel nog loperig is!

FOTO: iStock/Manuta

Van Good Housekeeping UK

LEES OOK:

Kosneigings vir 2017 soos deur kenners voorspel 

Het jy ’n ongesonde verhouding met kos? 

Wat jou kosdrange werklik beteken 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die ongelooflike foto waarvan almal praat!

Ons is dol oor die storie agter dié foto!

Close