×

Hierdie bokser hou meer van die nuwe John Lewis-Kersadvertensie as almal

Ontmoet Buster in die regte lewe. Dié oulike hond kan omtrent spring!
bokser

 

Buster, die ster van die nuutste John Lewis-Kersfeesadvertensie wat die internet oorgeneem het, is nie die enigste bonsende bokser wat die wêreld van die lag laat uitbars nie. Toe die winkel se advertensie Saterdag in Brittanje op televisie uitgesaai is, het een trotse eienaar van ’n bokser haar eie troeteldier se skreeusnaakse reaksie op die advertensie vasgevang – en haar video, net soos die advertensie, versprei soos ’n veldbrand.

Victoria Mon se video, wat al meer as 718 000 keer gedeel is sedert dit geplaas is, wys hoe sy met groot afwagting na die advertensie kyk, en wanneer dit by die kostelike einde kom, doen haar hond Buzz presies wat Buster doen: Hy spring woes op en af. Sy het die snit genoem “The reason I love my box”, en soos mense in kommentaar uitgewys het, maak sy springvaardighede hom “beter as die advertensie”. Ander het Mon se hond as “gorgeous” en “cute” beskryf, en van hulle het selfs aangebied om Buzz se bestuurder te word.

Die kostelike video kom kort nadat John Lewis vanjaar se feestelike advertensie Donderdag bekendgestel het. Dit vertel die verhaal van ’n jong meisie genaamd Bridget, wat ’n trampolien vir Kersfees kry.

Op Oukersaand begin ’n groep diere op die trampolien spring. Bridget se hond, Buster, kyk nuuskierig hoe die wilde diere haar splinternuwe present uittoets voordat hy uiteindelik self sy liefde vir trampolienspring ontdek.

Reaksies op die nuwe advertensie dui daarop dat dit die snaaksste een nóg kan wees, veral omdat dit volg op die tranetrekkerverhaal van “The Man on the Moon” van 2015. Duidelik hou boksers oral daarvan.

Via: Good Housekeeping

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief