×
Skakel na Engels

Hierdie albino-vrou se kommentaar oor Rihanna se Fenty Beauty-grimeerreeks het soos ’n veldbrand versprei

Uiteindelik is daar ’n onderlaag vir álmal! Deur Hanna Ibraheem
Fenty Beauty

Fenty Beauty, ’n skoonheidsreeks wat deur die sangeres Rihanna geskep is, bevat lieflike aksentpoeiers en ’n “universele” lipglans. Maar die kersie op die koek? ’n Inklusiewe onderlaagreeks met 40 skakerings wat by amper enige veltoon en ondertoon sal pas.

Vir baie vroue is dit ’n frustrasie om onderlaag te gaan koop, aangesien baie handelsmerke steeds nie vir alle velkleure voorsiening maak nie. Krystal Robertson was een van hulle. Sy het albinisme, wat beteken dat sy gewoonlik sukkel om ’n onderlaagkleur te kry wat by haar pas.

Toe Krystal dus Fenty Beauty se Pro Filt’r Soft Matte Longwear Foundation op die proef stel en ’n skakering kry wat volmaak by haar veltoon pas, moes sy dit met die wêreld deel.

By foto’s wat sy van haarself geplaas het, skryf sy: “Ek’s buite myself!!! #110 #PerfextMatch #WhatSkin!!!! …dink nou aan al die kere wat ek oranje uitgekom het. Dis ’n nuwe wêreld, wel gedaan @badgalriri #AlbinoMatch’.
 
Krystal het ook ’n resensie op Facebook geplaas: “Ek was vandag ’n bietjie buite myself … my nek en gesig pas vir die eerste keer by mekaar.” Verder skryf sy dat die onderlaag ’n lekker tekstuur het en dat die reeks selfs ’n ligter skakering as hare bevat.

Sedert die resensie aanlyn soos ’n veldbrand versprei het, is mense vol lof oor die handelsmerk se verskeidenheid skakerings en het Rihanna selfs vir Krystal op Twitter begin volg! 

 

Just had to share the great news with you all….#Thankful💖💖💖💖😄

A post shared by Acondria (@acondria) on

Ongelooflik.
 
Fenty Beauty kan aanlyn gekoop word.

Van: Good Housekeeping UK

HOOFFOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Keer dat jou ooggrimering jou ouer laat lyk met wenke van Adele se grimeerkunstenaar

Gebruik só huishoudelike produkte om jou grimeerkwaste skoon te maak

Alles wat jy van permanente grimering moet weet

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ellen sit haarself in Taylor Swift se video – en dis skreeusnaaks!

Ons voorbladster Ellen DeGeneres soos jy haar nog nooit gesien het nie. Jammer, Tay-Tay!

Close