×
Skakel na Engels

Hierdie 6 algemene stryktangfoute beskadig jou hare

Die korrekte gebruik van jou stryktang keer dat jy jou hare beskadig. Deur Amanda Hawkins
algemene stryktangfoute

Fout #1: Jy behandel jou hare nie vooraf nie

Om gesonde, gehidreerde hare in stand te hou begin lank voordat jy jou stryktang aanskakel. Behandel jou hare altyd vooraf met ‘n hittebeskermende middel. So nie gaan jy jou ernstige haarskade op die hals haal.

Fout #2: Jy kies die hoogste hitteverstelling

Net omdat jou haartang tot by ‘n spesifieke hitteverstelling gaan, beteken dit nie dat jy dit behoort te gebruik nie. Vir gladde en gesonde hare stel ons voor dat jy, wanneer moontlik, in die omgewing van 150 grade bly.

Aan die ander kant is dit ook nie ’n goeie idee om die laagste verstelling te gebruik nie. Jy gaan gedeeltes van jou hare oor en oor moet stryk en sodoende heelwat tyd mors.

Fout #3: Jy stryk jou hare wanneer dit klam is

Trek die stoom of is daar ’n gesis in jou ore? Hou dadelik op. Jou hare moet heeltemal droog wees voordat jy begin. So nie gaan jy dit nie heeltemal reguit kry nie en kan jou hare skade ly.

Fout #4: Jy verdeel jou hare nie in seksies nie

As jy te dik seksies op ’n slag stryk, gaan al jou hare nie gestryk word nie. Begin met vier of meer seksies en fokus net op een op ’n slag. Selfs as jou tyd beperk is, is dit belangrik om geduldig te bly.

Fout #5: Jy het jou stryktang nog nooit skoongemaak nie

Ná herhaaldelike gebruik kan jy jou net indink hoeveel oortollige haarprodukte, olie en stof op jou stryktang aangepak het.

Wanneer jou stryktang af is en heeltemal afgekoel het, kan jy die plate sagkens met warm water of ontsmettingsalkohol (“rubbing alcohol”) skoonmaak. Gebruik ’n oorstokkie om moeilik bereikbare plekke skoon te maak.

Fout #6: Jy is onbewus van sy ander gebruike

Jou stryktang is presies net dit — ’n stryktang. Gebruik dit om gekreukelde some, skewe krae en selfs weerbarstige linte glad te stryk. Maar net soos met ’n gewone strykyster kan jy die materiaal brand as jy dit te lank of te styf vasklem.

Uit: Good Housekeeping US

FOTO: iStock/Yuri_Arcurs

LEES OOK:

Almal gons oor hierdie nuwe stryktang-tegniek

Getoetste produkte: Haartange

Kan dit gevaarlik wees om haarkapper toe te gaan?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief