×
Skakel na Engels

Hier is ’n paar van die vrae wat Meghan Markle in haar burgerskaptoets sal moet beantwoord

Sou jy die toets slaag?
meghan

Ná die aankondiging van hul verlowing het prins Harry en Meghan Markle bevestig dat hulle binne die volgende paar maande in hul “knus” Nottingham-kothuis op die terrein van Kensington-paleis sal intrek. As sy egter van plan is om vir altyd in die paleis te bly (en wie sou nie?), sal die Amerikaanse aktrise wat in Los Angeles gebore is, ’n burgerskaptoets moet aflê om ’n genaturaliseerde burger van Brittanje te word.

In die paartjie se onderhoud met BBC se Mishal Husain, het Meghan gesê dat sy en Harry nog nie vir meer as twee weke van mekaar af weg was nie. Dit beteken waarskynlik dat sy al baie tyd in Engeland deurgebring het, maar is dit genoeg om haar op die hoogte te bring met die Britse geskiedenis, politiek en jongste gebeure?

Volgens Brittanje se regeringswebwerf is enige volwassene bo die ouderdom van 18 jaar wat met ’n Britse burger getroud is, daarop geregtig om die “Life in the U.K. Test” af te lê – mits hulle aan sekere vereistes voldoen, soos om by hul volle verstand en van goeie inbors te wees (Meghan kry dus reeds twee punte!).

Volgens ABC in die VSA fokus die toets op gebeure en mense wat ’n noemenswaardige bydrae tot Brittanje gemaak het. “Dit sluit skrywers soos William Shakespeare en Robert Burns in, groot wetenskaplikes soos Isaac Newton en Alexander Fleming, ingenieurs en nyweraars soos Isambard Kingdom Brunel en Richard Arkwright, en politici soos Winston Churchill en Clement Attlee,” lui ’n stelling op die webwerf van Brittanje se Binnelandse Sake. Die Spice Girls se doen en late tel dus nie.

Daar is slegs ’n paar aanlyn oefentoetse wat as simulasie van die ware toets dien. Die burgerskaptoets bestaan uit 24 veelvoudige keusevrae wat binne 45 minute voltooi moet word, met ’n minimum slaagpunt van 75 persent.

Hier is ’n paar voorbeeldvrae. Sou jy die toets slaag?

1. Wat is die hoofstad van Brittanje?

a) Newcastle

b) Londen

c) Oxford

d) Cambridge

2. Brittanje se burgers geniet “geloof- en godsdiensvryheid, vryheid van spraak, beskerming teen onregverdige diskriminasie, ’n reg op ’n regverdige verhoor en die reg om aan die verkiesing van ’n regering deel te neem”:

a) Waar

b) Vals

3. ’n Britse weermagamptenaar mag hom/haar vir ’n openbare amp verkiesbaar stel:

a) Waar

b) Vals

4. Wat is die naam van die groep Britse kunstenaars wat in die 19de eeu gedetailleerde skilderye oor godsdienstige of literêre temas geskilder het deur van helder kleure gebruik te maak?

a) Die Pre-Rafaeliete

b) Die Surrealiste

a) Die Dadaïste

c) Die Gote

5. Hoe oud moet Britse persone wees om vir ’n gratis TV-lisensie aansoek te doen?

a) 60 jaar

b) 70 jaar

c) 75 jaar

d) 65 jaar

6. Watter persoon in die Britse parlement se verantwoordelikheid is dit om gedurende politieke debatte orde te handhaaf en te sorg dat die reëls nagekom word?

a) ’n Senior regter

b) Die koningin

c) Die eerste minister

d) Die speaker van die parlement

7. Wanneer het die Eerste Wêreldoorlog geëindig?

a) 11 November 1918

b) 10 November 1918

c) 11 November 1916

d) 13 November 1916

8. Watter een van Henry VIII se vroue is in die Toring van Londen tereggestel?

a) Catherine Parr

b) Anne van Cleves

c) Anne Boleyn

d) Jane Seymour

9. Om watter rede was Dolly die skaap beroemd?

a) Sy was die eerste skaap in die ruimte.

b) Sy was die eerste gekloonde soogdier.

c) Sy is met twee koppe gebore.

d) Sy was die oudste skaap in Brittanje.

10. Hoeveel mense het as gevolg van die Swart Dood in Brittanje gesterf?

a) 47% van die bevolking

b) 33% van die bevolking

c) 15% van die bevolking

d) 7% van die bevolking

11. Hoe oud moet jy in Brittanje wees om alkohol in ’n kroeg of nagklub te koop?

a) 17 jaar (of ouer)

b) 18 jaar (of ouer)

c) 21 jaar (of ouer)

d) 25 jaar (of ouer)

Dit kos £50 (ongeveer R900) om die toets af te lê, maar ons is seker dat Meghan iewers in die paleis op ’n paar ponde sal afkom …

Korrekte antwoorde: 1) b; 2) a; 3) b; 4) a; 5) c; 6) d; 7) a; 8) c; 9) b; 10) b; 11) b.

Uit: Good Housekeeping UK

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Die datum en venue vir prins Harry en Meghan Markle se troue is pas aangekondig

Só lyk prins Harry en Meghan Markle se “kothuis”

Meghan Markle onthul hoe dit was om die koninklike familie die eerste keer te ontmoet

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die datum en venue vir prins Harry en Meghan Markle se troue is pas aangekondig

Dit gaan nie naastenby so spoggerig soos Will en Kate s'n wees nie. Deur Caroline Picard

Close