×
Skakel na Engels

Húlle kan dalk Meghan Markle se strooimeisies wees

Wie van hierdie vroue gaan volgende jaar saam met Meghan in die paadjie afstap?
meghan

Meghan Markle en prins Harry het pas hul verlowing aangekondig, wat beteken dat daar nog ’n koninklike troue op ons wag – ons tel al die slapies! Dit beteken ook dat Meghan die opwindende taak gaan hê om haar strooimeisies te kies. Die ster van Suits het ’n hele paar goeie vriendinne, en ons het gaan kyk wie moontlik saam met haar in die paadjie kan afstap.

 

About last night. Thank you to my babe @priyankachopra for the best date night #Hamilton #NYC

A post shared by Meghan Markle (@meghanmarkle) on

Priyanka Chopra en Meghan is nog nie lank vriendinne nie, maar Chopra het al verskeie kere in die Suits-ster se Instagram-kiekies opgeduik, en hul vriendskap blyk van strooimeisie-kaliber te wees. Chopra is ook een van die min mense wat oor Meghan en Harry se verhouding gepraat het – hoofsaaklik om haar vriendin te verdedig.

Behalwe haar kritiek op ’n onlangse voorblad (en ons haal aan: “Dit sou gaaf gewees het om iets oor haar ook te skryf, nie net oor haar kêrel nie; ek sê maar net”), het sy Wendy Williams gekap toe sy Meghan bloot as “prins Harry se meisie” beskryf het. Toe Williams Chopra vra of sy ’n strooimeisie gaan wees, het die aktrise net gegrap: “Ek weet nie of ek so na aan haar is nie. Ek ken haar nou twee jaar. Ons het toevallig by ’n partytjie ontmoet en dadelik gekliek. So ek weet nie; ons sal maar sien as ek die uitnodiging kry …”

Onthou jy die wit toeknoophemp wat Meghan vir haar eerste openbare verskyning saam met prins Harry by die Invictus-spele gedra het? Nou ja, dit word heel gepas die “husband shirt” genoem, en is deur haar jarelange vriendin Mish Nonoo ontwerp. Dié gewilde seleb-ontwerper (wat al dikwels saam met Meghan vakansie gehou het) was dalk deels verantwoordelik vir haar vriendin en prins Harry se ontmoeting. Nonoo se man Alexander Gilkes was saam met William en Harry op skool, en die paartjie is na die hertog en hertogin van Cambridge se troue genooi.

Heather Dorak word gereeld in Meghan se sosialemedia-plasings genoem — en dit maak sin: Sy is haar pilates-instrukteur. Dorak bestuur Pilates Platinum vanuit Kalifornië, maar haar verskyning saam met Meghan in hierdie foto (om nie te praat van die foto van hulle saam op die strand nie) verklap dat hulle goeie vriendinne is. Trouens, Meghan het verlede Kersfees saam met Dorak in Los Angeles deurgebring.

 

Bridesmaids. #lindsgettingmarried #aboutlastnight #MOH @lindsayjillroth

A post shared by Meghan Markle (@meghanmarkle) on

Oor Lindsay Jill Roth wonder ons nie. Meghan was nie net ’n strooimeisie by Roth se troue nie; sy pronk oral op Meghan se Instagram-rekening. Een voorbeeld van hul vriendskap: Megan het Roth na Toronto laat gevlieg vir ’n spesiale trourokpassing by Kleinfeld Hundon’s Bay. Die twee het mekaar gedurende hul eerstejaar aan die Northwestern University in een van Toni Morrison se letterkundeklasse ontmoet, en hulle is baie geheg aan mekaar. “Ek dink mense aanvaar dat iemand verander wanneer hy of sy bekend raak,” sê Roth van haar vriendin. “Maar sy is nog presies dieselfde persoon wat ek jare gelede ontmoet het, met dieselfde waardes en prioriteite. Sy is onselfsugtig; dis net deel van wie sy is en hoe sy grootgemaak is.”

Die aktrise Janina Gavankar en Meghan kom al ’n allemintige 15 jaar saam. Meghan het Gavankar selfs geïnspireer om haar eie leefstylwebwerf te begin, en dit lyk asof hulle gereeld FaceTime.

Jessica Mulroney is Markle se stilis, en dié twee doen amper alles saam – van reis tot wyn drink by Mulroney se huis (oftewel Meghan se tweede huis). Haar plek as strooimeisie is ’n uitgemaakte saak.

Jip, dié Serena Williams. Meghan het die tenniskampioen in 2014 by ’n liefdadigheidsvoetbalwedstryd ontmoet en hulle het goeie vriendinne geword. Op haar leefstylwebwerf, The Tig, skryf Meghan: “Ons het dadelik gekliek – foto’s geneem, gelag en gesels – nie oor tennis of toneelspeel nie, maar sommer net meisiegoed. So het ons vriendskap begin … Sy het vinnig ’n vertroueling geword met wie ek gesels wanneer ek reis, die vriendin wat ek langs die tennisbaan ondersteun, en die plat-op-die-aarde vrou saam met wie ek ’n paar weke gelede in Toronto gaan eet het.” Serena sê weer: “Haar persoonlikheid straal. Ek het vir haar gesê: ‘Wees net wie jy is, Meghan. Jy kan nie wegkruip nie.’”

Abigail Spencer is een van Meghan Markle se medesterre in Suits, en dis duidelik dat hulle agter die skerm hegte vriendinne is. Ons weet nie of Spencer na genoeg aan haar is om ’n plek op die strooimeisielys te haal nie, maar sy verskyn gereeld in Meghan se sosialemedia-plasings.

Hooffoto: Gallo Images/Getty Images

Uit: Good Housekeeping UK

LEES OOK:

Prins Harry en Meghan Markle is verloof!

Prins Harry en Meghan Markle bring hulde aan Diana

Meghan Markle onthul hoe dit was om die koninklike familie die eerste keer te ontmoet

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Só lyk prins Harry en Meghan Markle se “kothuis”

Die kothuis is een van die kleinste wonings op die landgoed ... Deur Naomi Gordon

Close