×
Skakel na Engels

Het jy ’n ongesonde verhouding met kos?

Dis dalk tyd om op te hou om die kilojoules te tel …
ongesonde verhouding

Die kliniese voedingkundige, gesondheidsblogskrywer en outeur van Living The Healthy Life (Pan Macmillan), Jessica Sepel, deel haar geheime oor hoe om jou disfunksionele verhouding met kos te verbreek, diëte vaarwel toe te roep en “skuldvrye” eetgewoontes aan te kweek. 

Klein veranderinge sal jou ver bring

Almal weet dat kitsoplossings nie werk nie, en tog swig ons telkens voor modediëte se beloftes om ons gewigsprobleme op te los. Om gesond te eet en die jongste dieetgiere te volg laat ons dalk goed voel, maar hierdie gevoel is gewoonlik van korte duur, want ʼn dieetgebaseerde leefstyl is nie volhoubaar nie, sê Sepel.

Die sleutel tot ʼn gebalanseerde verhouding met kos, gewig en gesondheid lê nie by beperkte voedselkeuses nie. Om skoon en gesond te eet is ʼn beter opsie as om “maer” te eet.

Lees: 7 “ongesonde” kosse wat voedingkundiges eet

Genees jou emosionele verhouding met kos

Kom ons erken dit – ʼn snytjie koek het die vermoë om jou van al jou hartseer te laat vergeet, al is dit vir net 20 minute. Maar emosionele eet is een van die redes waarom jy met daardie ongewenste vetlagie sit, sê Sepel. Die sleutel is om nie na verfynde suiker te gryp wanneer jy gespanne of neerslagtig voel nie.

Om gesond te eet hoef nie ʼn ontbering te wees nie. Daar is baie gesonde alternatiewe om jou kosdrange te aan bande te lê – dit is dalk net tyd om iets nuuts te probeer.

Lees: Wat jou kosdrange werklik beteken

Eksperimenteer met jou kos

As jy jou eetgewoontes wil verander, moet jy in die kombuis doenig raak. Om self jou kos voor te berei help om ʼn gesonde verhouding daarmee te vestig, want jy begin om alles wat jy in jou mond sit, te verstaan en te vertrou.

Dit inspireer jou ook om meer interessante en alternatiewe voedselgroepe op die proef te stel. Om by die bereidingsproses betrokke te wees is ʼn gewisse manier om die ekstra kilogramme met ʼn heerlike smaak in jou mond af te skud. 

FOTO: iStock/AnaBGD

LEES OOK:

6 geregte met ’n verrassende oorsprong

6 superkosse wat jy nie hoef te koop nie

5 kosse vir ’n vlekkelose gelaat

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat rook aan jou vel doen

Rook is 'n nadelig gewoonte wat nie net jou gesondheid beïnvloed nie, maar ook jou voorkoms

Close