×
Skakel na Engels

Henry Holland ontwerp 10 rokke vir Mr Price

Ná ’n baie suksesvolle spanpoging verlede jaar het die Britse mode-ontwerper Henry Holland weer ’n reeks vir Mr Price ontwerp

 

Holland en die Mr Price-span het saam tien treffende somerrokke ontwerp. Elke rok is na een van Holland se gunstelingvroue genoem, onder wie Pixie Geldof en Katy Perry. Of jy van blommotiewe en frilletjies hou of van sexy rokkies en die luiperdpatroon – dit lyk of daar ’n rok na elkeen se smaak is. Besoek ’n Mr Price-winkel of gaan loer aanlyn by www.mrp.co.za vir die volledige reeks, wat ook bykomstighede en skoene insluit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 Moet-hê Mode-items vir die Somer

Vyf items vir jou somer-klerekas wat nie te duur is nie

Close