×
Skakel na Engels

Help jou kind wanneer sy/haar hart gebreek is

Dis moeilik vir ’n volwassene om van ’n gebreekte hart te herstel, maar dis nog moeliker om te sien hoe jou kind ’n verbreekte verhouding hanteer.
hart gebreek

Só kan jy jou tiener of jong volwassene help wanneer ’n verhouding eindig

1. Sien die groter prentjie

Dis dalk moeilik om te sien wanneer jou kind ontsteld is en die verlies aan ’n spesiale vriend(in) moet hanteer, veral wanneer jy ook geheg geraak het aan die persoon, maar onthou dat tieners en studente deur verskillende fases in hul lewe gaan. ’n Verbreekte verhouding kan ’n groot lewensles wees wat die weg na iets beters in die toekoms kan baan.

2. Wees daar vir jou kind, maar moet hom nie dwing om te praat nie

Sommige kinders deel hul gevoelens maklik, maar ander is aan die begin nie gemaklik daarmee om oop te maak nie. Moenie jou kind dwing om besonderhede te deel as hy nie gereed is om dit te doen nie, maar laat hom verstaan dat sy altyd welkom is om met jou te praat en dat jy daar sal wees vir hom.

3. Bly uit dit

Ja, Ma, ons weet jy is nie gelukkig oor die meisie wat jou seun se hart gebreek het nie, maar weerstaan die drang om haar daaroor aan te vat. ’n Verhouding tussen jongmense sal sy verloop neem, en ongeag wat gebeur het, moenie betrokke raak en die eks namens jou kind kontak nie.

4. Moedig jou kind aan om aan haar gevoelens te werk

As ’n ouer sal dit moeilik wees om te sien hoe platgeslaan jou tienerdogter is wanneer ’n verhouding eindig, maar laat haar toe om in haar kussing te huil, na harde, woedende musiek te luister of wat dit ook al verg om ’n gebroke hart te heel …

5. … maar moedig gesonde gewoontes aan

Moedig jou kind aan om gesond te eet, te oefen of iets prettigs te doen. Laat haar op skoolstokperdjies of huiswerk fokus. Help haar om ’n prettige nuwe stokperdjie of internskap te kry.

6. Bou jou kind se eiewaarde en help hom om van skuldgevoelens ontslae te raak

Wees opbeurend. Sê: “Ek weet jy voel waarskynlik nou asof jy niks werd is nie, maar ek belowe jou, jy is slim en pragtig.” As jou kind die een is wat die verhouding beëindig het, help met skuldgevoelens deur te sê: “As jy in die verhouding gebly het, sou dit nie ten beste uitgewerk het nie.”

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat om te verwag wanneer jy ’n ouer verloor

Dié vyf fases van rou volg gewoonlik op die dood van ’n geliefde, en dit kan in enige volgorde voorkom

Close