×
Skakel na Engels

Help jou kind om minder senuweeagtig oor die nuwe skooljaar te wees

Selfs die mees selfversekerde kind kan aan die begin van die skooljaar onseker voel

 

“Ek gaan niemand in my klas ken nie.”

“Sê vir jou kind: ‘Daar is iemand in jou nuwe klas wat wag om jou maatjie te wees, en dis jou werk om uit te vind wie,'” sê Eileen Kennedy-Moore, ’n sielkundige van Princeton in die VSA. “Met jonger kinders kan jy oor leidrade praat waarna hulle kan soek,” stel sy voor. Soos ’n kind wat rondkyk vir ’n maat of wat hulle iets wil wys. ’n Senuweeagtige kind is geneig om hierdie dinge mis te kyk.

Wanneer hulle na tekens van vriendelikheid soek, sal hulle minder op hul eie ongemak fokus. 

“Ek gaan áltyd sleg doen in wiskunde.”

“Ag, liefie, jy is nie sleg in wiskunde nie” is op die punt van jou tong, maar weerstaan die versoeking om jou kind te weerlê – dit sal bloot tot ’n stryery lei. Help hom eerder om die probleem meer spesifiek te formuleer sodat dit kleiner en moontlik slegs tydelik voel, sê Kennedy-Moore. “Jy sukkel op die oomblik met breuke,” is ’n eksterne probleem wat hanteer kan word en is nie ’n teregwysing van sy hele gesindheid nie. Terwyl julle koppe bymekaarsit oor hoe om dit te hanteer, kan jy jou kind aanmoedig om op vordering te fokus, nie volmaaktheid nie.

“Niemand anders gaan puisies hê/langer wees/’n bra dra nie.”

Empatie is die beste reaksie, maar moenie uitwei oor die drama wat jy op daardie ouderdom deurgemaak het nie, sê Kennedy-Moore, die medeskrywer van Growing Friendships: A kids’ guide to making and keeping friends (Aladdin/Beyond Words). “Ek weet hoe jy voel,” kan ’n gesprek met jou tiener net daar kortknip. “Beskryf die situasie eerder deur jy en jou te gebruik. Sê: ‘Dit klink of jy selfbewus voel’ of ‘Dit klink of jy dit haat wanneer ander kinders opmerkings oor jou lyf maak.'” Deur jou kind se emosies te verwoord, “verpak jy hierdie groot, deurmekaar gevoelens in woorde, en maak jy dit verstaanbaar,” sê Kennedy-Moore.

FOTO: iStock/fstop123  

 

LEES OOK:

Hoe om stinkerige skoolsakke skoon te maak

10 terug-skool-toe-wenke vir jou kinders

WEN 1 van 8 Plush-terug-skool-toe-geskenkpakke met skoensorgprodukte ter waarde van R1 000!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om die perfekte eerste-skooldag-foto te neem

Probeer hierdie professionele wenke vir die perfekte foto

Close