×
Skakel na Engels

Heerlikste Kersfees-vleisvulsel

Dis een resep wat jy beslis moet probeer
vleisvulsel

Die lewe moet lekker wees én smaak – dis die motto waarop Sasko al hul produkte grond. Sasko se Oats & Honey Flavoured White Bread, wat deel van die Sasko Plus-reeks is, is ideaal om by jou Kersfees-vleisvulsel te voeg.

Beïndruk jou gaste hierdie feestyd deur die Sasko-Kersfees-vleisvulselresep hier onder te maak. Jy kan ook na die video kyk vir nog inligting.

Bestanddele

5 snye Sasko Low GI Dumpy Oats & Honey Flavoured White Bread

1 eier

100 g botter

2 uie, fyngekap

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

30 g salie of pietersielie, of ’n mengsel van die twee, gewas en fyngekap

70 g droë bosbessies

½ k hoender- of groente-aftreksel

1,6 kg hoender

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak.

2. Sny die brood in klein blokkies en plaas in ’n bak. Roer die aftreksel en eier saam.

3. Smelt die botter in ’n pan oor matige hitte en voeg die uie by.

4. Geur met sout en peper en braai die uie tot sag en net-net bruin (sowat 6 tot 8 minute).

5. Voeg die kruie by en roer deur.

5. Giet die mengsel oor die broodblokkies, voeg die bosbessies en aftreksel by en roer om te meng.

6. Vul die hoender met die vulsel. (Sien wenk 1.)

7. Plaas die hoender in die oondbak, geur, bedek en rooster vir 1½ uur in die oond.

Wenk 1: Moenie die hoender te vol stop nie aangesien die vleis sal uitswel namate dit van die vloeistof in die vulsel absorbeer. Bak enige orige vulsel apart.

Wenk 2: Die bosbessies kan deur 150 g gekapte spek of ⅓ k dennepitte vervang word, of deur ’n mengsel van die twee.

Wenk 3: As jy nie klaarbereide aftreksel het nie, laat ½ blokkie aftreksel in ½ k warm water oplos. (Die water moenie kokend wees nie, anders sal dit die eier gaarmaak wanneer jy dit daarby voeg.)

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bak jou beste vrugtekoek nóg!

Ons het die volmaakte bestanddeel gekry om die beste resultaat met jou vrugtekoek vir die feestyd te kry

Close