×
Skakel na Engels

Heerlike resepte vir Paasnaweek

Etes en lekkernye waaroor jou gesin sal mal wees!

Die Paasvakansie lê om die draai en dit raak tyd om aan die kos en lekkernye te begin dink waarmee jy jou gesin gaan bederf. Voorkom ’n dolle gejaag en beplan jou eetgoed vooruit met hierdie heerlike Paasfees-geïnspireerde resepte.

Piesang-plaatkoekies

crumpets

Die kinders gaan mal wees hieroor. Hierdie piesang-plaatkoekies is nie net smullekker nie; hulle is ook ideaal vir ’n noenontbyt. Speel ’n bietjie met geklopte room, esdoringstroop, heuning of sjokoladeskaafsels om lewe aan jou hasie te gee. 

Ingelegde vis

pickled fish

Hierdie Kaaps-Maleise dis het ’n gunsteling in Suid-Afrikaanse huise oor Paasfees geword. Sit dit met varsgebakte brood voor. Onthou om die gereg minstens 24 uur voordat jy dit wil voorsit, te maak.  

Oorskiet-Paasbolletjies

 

hot-cross-buns

Weerstaan die versoeking om jou oorskiet-Paasbolletjies weg te gooi. In die onwaarskynlike geval dat jy met ’n paar ou Paasbolletjies sit, sal jy bly wees om te hoor dat daar verskeie maniere is waarop jy elke laaste krummel en rosyntjie in iets selfs lekkerders kan omskep. Probeer hierdie ses heerlike resepte om jou Paasbolletjies in dekadente nageregte en lekkernye te verander.

Sjokoladebrownies

Chocolate-brownies-373x455

Ons by GH het nooit ’n verskoning nodig om ons aan enige iets met sjokolade in oor te gee nie, en Paasfees is net nóg ’n geleentheid vir ’n bietjie soete vergryp! Hierdie sjokoladebrowny-resep is perfek vir ’n middagtee. 

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 Paaseiersoektogte in die Kaap

Dis daardie tyd van die jaar! Hier is ’n paar Paaseiersoektogte in en om Kaapstad om die jongspan mee te...

Close