×
Skakel na Engels

Heerlike resepte vir die week se aandetes

Aandete is klaar beplan vir die week, en ons het vir jou ’n nagereg en ’n bakresep vir Sondag ingesluit. Geniet dit!

Maandag: Botterskorsie-risotto

risotto

Dié botterskorsie-risotto is amper te goed om waar te wees! Die romerige rys gaan perfek saam met die soetheid van die botterskorsie, wat dit die perfekte manier maak om die week te begin! Kry hierdie risotto-resep hier.

Dinsdag: Heerlike macaroni-en-kaas

Pasta-with-Nestle_Mac-n-cheese

Hierdie klassieke macaroni-en-kaas is eenvoudig fantasties. Oorskiet van dié gereg is wonderlik vir die volgende dag. Kry hierdie pastaresep hier.

Woensdag: Rokerige grondboontjie-en-hoendertaco’s

chicken tacos

#KleinSaterdag kan nie lekkerder wees nie! Hierdie resep vir rokerige grondboontjie-en-hoendertaco’s is ideaal vir wanneer familie vir ’n weeklikse aandete oorkom. Jou gaste sal dol oor die kombinasie van geure wees en sal heel waarskynlik vra of hulle volgende week weer vir aandete kan kom! Kry hierdie hoenderresep hier.

Donderdag: Vinnige, geurige stokvis

hake

Die laaste ding wat jy ná ’n dag by die werk wil doen, is om ure in die kombuis deur te bring. Met hierdie stokvisresep hoef jy nie, en dis net die helfte van die storie. Die ander helfte is die heerlike geure en tekstuur. Kry hierdie visresep hier.

Lees ook: Kosneigings vir 2017 soos deur kenners voorspel

Vrydag: Lamskerrie

lamb-keema

Hierdie lamskerrie is op sy beste saam met rys of naanbrood, en dis die beste manier om die week te eindig. Dié Indies geïnspireerde gereg is maklik om te maak en is geskik vir klein of groot groepe. Kry hierdie lamsvleisresep hier.

Saterdag: Cobb-slaai met buffalo-hoender

chicken salad

Die naweek is hier en dis tyd om dinge lig en sorgvry te hou met hierdie buffalo-hoenderslaai. Die karringmelkslaaisous is heerlik saam met die hoender en die kraakvars seldery rond die gereg perfek af. Kry hierdie slaairesep hier.

Sondag: Brosgebraaide aartappels, geroosterde sitrusgroente, botterskorsie en krulkoolgebak & spoggerige spruite

sides

Komplementeer die perfekte Sondag-braaistuk met ’n verskeidenheid bygeregte. Vul die tafel met ’n watertandlekker verskeidenheid kleure, geure en teksture. Elke bygereg is vol geur en daar sal oorskiet wees vir die week wat voorlë. Kry die resepte vir hierdie bygeregte hier.

Heerlike nagereg: Miljoenêrsbrosbrood-parfait

millionare-Parfait

’n Naweek is nie ’n naweek sonder die perfekte nagereg nie. Hierdie miljoenêrsbrosbrood-parfait is ideaal vir iemand met ’n suikertand. Die bladgoudversiering is nie noodsaaklik nie, maar dit maak dié gereg besonders. Kry hierdie nageregresep hier.

Sondag-gebak: Suikervrye wortelkoek

carrot cake

Hierdie wortelkoek is ideaal vir enige iemand wat nie suiker kan of wil eet nie, want dis suikervry! Dié klassieke koek sal ’n gunsteling by enige familiebyeenkoms wees. Kry hierdie koekresep hier.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 resepidees vir aandete

Haal die moeite uit aandete en beplan vooruit vir die week wat voorlê met hierdie maklike, geurige resepte!

Close