×
Skakel na Engels

Heerlike gesinsetes met 10 (of minder) bestanddele

Maklik – en eenvoudig heerlik!

Maandag: Gebakte groentefrittata

Hou dinge lig en maklik op #VleisloseMaandag met ’n heerlike gebakte groentefrittata – perfek as bykos of as hoofgereg. Hoe ook al, dié gereg is altyd in die kol!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Dinsdag: Toebroodjies met rafeltjievark

Niks is heeltemal so lekker soos ’n morsige-maar-fantastiese rafeltjievarktoebroodjie nie! Jy het niks meer as aartappelskyfies saam met dit nodig nie.

Woensdag: Hoender in spek met jalapeñorissies en roomkaas

Hierdie gereg is die perfekte kombinasie van pikant en romerig. Die soutige spek komplementeer die hoender en hou dit sappig. Moet net nie die hoender oorgaar maak nie, want dit sal uitdroog.

Donderdag: Garnale – dop af en geniet

’n Wonderlike verskoning om met jou hande te eet! Dop net die garnale af en smul. Dié gereg is maklik om te maak en baie geurig. Dis veral lekker saam met ’n soet rissiedoopsous, pikante mayonnaise of salsa verde.

Vrydag: Appel-en-brie-pizza met gekaramelliseerde uie

Begin die naweek in styl met hierdie appel-en-brie-pizza met gekaramelliseerde uie – jou gaste sal vir seker beïndruk wees! Maak ekstra sodat julle die volgende dag oorskiet kan hê.

Saterdag: Slaai met bros beet en mozzarella

Hierdie helderkleurige, voedsame slaai met bros beet en mozzarella is die perfekte bykos vir enige maaltyd. Die romerigheid van die mozzarella word gekomplementeer deur die surigheid van die asyn.

Sondag: Hoender in prosciutto met geroosterde skorsie

Klassieke Sondagkos met hoender en groente, maar met ’n kinkel. Dit soutige prosciutto verleen ’n nuwe dimensie aan die gereg en die geroosterde skorsie gee lekker tekstuur. Beslis ’n wenner!

Heerlike nagereg: Konfytpoedings en geroosterde perskes

Die perfekte nagereg by ’n braai. Hierdie konfytpoedings en geroosterde perskes is vars, soet en liplek-lekker! Maak net seker daar’s genoeg, want almal sal ’n tweede porsie wil hê.

Naweekgebak: Framboos-meringuebom

Dié indrukwekkende nagereg lyk asemrowend mooi en is ’n ware apploustrekker. En jy maak dit in ’n japtrap!

LEES OOK:

Eet dít om beter te slaap

3 maniere om jou gesin se gesondheid hierdie maand te verbeter

6 geregte met ’n verrassende oorsprong

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Weeklikse maaltydplan – plus ’n nagereg en Sondag-gebak!

Ons bestee tyd daaraan om ons werk, ons kinders se lewe en ons eie te beplan – hoekom moet kosmaak...

Close