×
Skakel na Engels

Groenkwartsrollers is die nuutste geheim vir ’n beter vel

Op jou merke, gereed, rol!
groenkwartsroller

Vir die meeste van ons is die vel op ons gesig die vel waaroor ons die meeste bekommerd is. Ons probeer gedurig nuwe maniere vind om dit jonger, fermer of stralender te laat lyk. Dit is dus g’n wonder die skoonheidsbedryf is soveel werd nie – daar is baie druk om jou beste te lyk.

Maar nou, pleks van die toekoms te probeer bepaal, kyk party terug na die verlede vir die geheim van ’n mooi vel. Dit beteken dat ons al hoe meer antieke en tradisionele tegnieke en produkte op die skoonheidsmark gaan sien. Die groenkwartsroller is maar een van hierdie nuwe (ou) kure.

Pin hierdie artikel vir later. Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Wat is ’n groenkwartsroller?

Groenkwarts is iets wat al hoe meer in die skoonheids- en gesondheidsbedryf opduik, en dit hou klaarblyklik wonderlike voordele vir die liggaam in. Dit geld edel- en halfedelstene in die algemeen wat volgens baie eienskappe het wat jou spiritueel kan genees. En dít beïnvloed alles, ook hoe jy van buite af lyk.

’n Groenkwartsroller is basies ’n halfedelsteen wat aan die punt van ’n roller met ’n handvatsel geheg is. Jy gebruik dit om jou vel en gesigspiere op verskillende maniere te masseer. Dié rollers dateer uit antieke China uit en kan net so gebruik word om ferm druk toe te pas terwyl jy rol, of oor ’n warm lap vir ’n warmer massering of selfs as ’n manier om serums, olies en bevogtigers in te vryf. Dit help nie net om produkte in te vryf en met die absorpsie daarvan nie, maar dit help ook om inflammasie te verminder en moedig kollageenvervaardiging aan.

Lees: Is jy besig om ’n dubbelken te kry? Keer dit só!

Lees: Hoe om gesigolies en -serums reg aan te wend

Hoe gebruik jy dit?

Soos enige ander skoonheidsgereedskap is die belangrikste om dit altyd skoon te hou. Dis beter om dit te gebruik sodra jy jou gesig gereinig het sodat jy minder vuiligheid daarop kry. Behalwe vir dit kan jy dit werklik gebruik soos jy wil. ’n Gesigmassering in die gerief van jou eie huis wat boonop jou vel beter sal laat lyk? Ons kan nie sien hoekom jy nié een moet aanskaf nie!

FOTO: iStock/karelnoppe

LEES OOK:

Hoe om ’n wimperkruller te gebruik

Maak jy hierdie skoonheidsgereedskap skoon?

Jou gids tot velsorgbestanddele

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die verband tussen depressie en jou skoonheidsroetine

Hou aan om jou bes te doen

Close