×
Skakel na Engels

Goeie Huishouding gesels met die selebsjef Mynhardt Joubert

Leer ken sjef Mynhardt ’n bietjie beter!
Mynhardt Joubert

Goeie Huishouding se redakteur, Sally Emery, het ’n onderhoud met die selebsjef Mynhardt Joubert gevoer. Hy is een van die kossterre wat ’n demonstrasie by ons jaarlikse Bekende Bobaas-bakkersdag op 1 September by die Radisson Blu-hotel in Kaapstad gaan lewer, en het beloof om gaste te wys hoe jy iets eenvoudigs in ’n verruklike lekkerny kan omskep. Ons kan nie wag nie!

Hier is ons onderhoud met dié supertalentvolle sjef:

V: Som jou koskwalifikasies in een paragraaf op:

A: Selfopgeleide sjef, fotograaf, fynproewer, geleentheidheidsorganiseerder, stilis, wenner van kykNET Kokkedoor 2013, handelsmerkambassadeur vir KWV, eienaar van Huiskombuis.

V: Watter drie goed het jy altyd in jou yskas?

A: Volroommelk, botter en karamel-grondboontjiebotter.

V: En in jou spens?

A: Bruinsuiker, kondensmelk en sjokolade.

V: Wat is die een kombuistoestel waarin almal moet belê?

A: ’n Behoorlike menger.

V: Watter kombuisgereedskap is ’n mors van geld?

A: ’n Broodmasjien

V: Watter drie goed in jou kombuis gebruik jy die meeste?

A: My Kenwood-menger, ’n rooi spatel en my Defy-oond.

V: En watter vyf bestanddele gebruik jy die meeste?

A: Sjokolade, jumbo-eiers, Sasko-meel, botter en NOMU Fond-aftreksel.

V: Watter gereg eet jy net in restaurante?

A: Pizza.

V: Watter gereg sal jy nooit in ’n restaurant bestel nie?

A: Hoender.

V: Wat is jou gunstelinggereg?

A: Braaivleis met pap en sous.

V: Wat is die een kookwenk wat almal moet weet?

A: Tuisgemaak en ingelê smaak altyd beter, hou langer, is meer koste-effektief en wys dat jy omgee.

V: Wat is die beste ding van jou werk?

A: Ek kan van die huis af werk.

V: En die slegste?

A: Om myself te oorreed dat slaapklere nie werkdrag is nie.

V: Wat is die vreemdste koskombinasie waaroor jy dol is?

A: Malvapoeding met bloukaas.

V: Wat is die een ding wat jy nie eet nie?

A: Melkkos.

Vanjaar se Bekende Bobaas-bakkersdag is om die draai – 1 September 2017. Gaste kan uitsien na ’n dag propvol heerlike eetgoed, nuttige bakwenke en inspirasie van die plaaslike selebsjefs Siba Mtongana en Mynhardt Joubert, asook die legendariese Goeie Huishouding-geskenksakke! Dié dag word aangebied deur Goeie Huishouding en die borge, Bakers, Sasko, Miladys, Radisson Blu, Glad en Plush.

LEES OOK:

Kry jou kaartjies vir die 2017 Bekende Bobaas-bakkersdag!

Briljante antwoorde op die 12 grootste bakprobleme

Bobaas-bakgereedskap

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry jou kaartjies vir die 2017 Bekende Bobaas-bakkersdag!

Kom smul en kuier en leer saam met ons wanneer ons ons plaaslike selebs se gunstelinggebak met ’n heerlike teeparty...

Close