×
Skakel na Engels

“Glas”-vel is die nuutste skoonheidsneiging waarvan jy moet weet

Ons beantwoord al jou vrae oor dié nuwe tendens. Deur Hanna Ibraheem
skoonheidsneiging

As jy graag ’n vlekkelose gelaat wil hê, is die Koreaanse skoonheidsbedryf ’n goeie plek om inspirasie te kry. Behalwe dat hulle voorlopers in die bedryf is wat nuwe tegnologie betref, sal jy ook die nuutste en sjiekste neigings hier vind.

Die jongste Koreaanse skoonheidsneiging waaroor almal gons is “glas”-vel, en dis soos ’n skoonheidsdroom wat waar geword het! Maar wat presies behels dit? Alicia Yoon, die stigter van die Koreaanse skoonheidsblog Peach & Lily het aan Refinery 29 verduidelik: “Glasvel verwys na die idee van jeugdigheid en ’n byna deursigtige vel. Dis ’n teken van jeugdigheid en een van die kenmerke waarna Koreane die meeste streef.”

Yoon noem egter dat dit moeilik is om so ’n gladde vel met produkte alleen te verkry. Trouens, jy moet ’n streng skoonheidsroetine oor ’n lang tydperk volg voordat jy ’n verandering sal sien.

Yoon sê: “Dit verg ’n tweeledige proses om hierdie jeugdige voorkoms te verkry: Eerstens moet jy ’n afskilferaar gebruik om jou vel te skrop sodat dit daardie supergladde tekstuur het. Tweedens moet jy ’n bevogtigende serum gebruik om daardie glasagtige voorkoms te skep.”

Is jy nuuskierig om te sien of dit vir jou sal werk? Skrop dooie velselle af en bevog jou vel behoorlik met hierdie afskilferaars en serums op ons moet-koop-lysie:

ubuy.za.com

Indeed Labs Facial Powdered Exfoliator, R227, hier beskikbaar

foschiniforbeauty.co.za

Clinique Exfoliating Scrub, R395, hier beskikbaar

dischem.co.za

Vichy Aqualia Thermal Dynamic Hydration Serum, R365, hier beskikbaar

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/utkamandarinka

LEES OOK:

Local is lekker: ’n keur van Suid-Afrikaanse velsorgprodukte

5 wenke vir hoe om ’n Beaytyblender skoon te maak

Kontoergrimering is ou nuus. Drapering is nou die ín-ding!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat jy moet weet voordat jy ’n kollageenaanvulling gebruik

Kom skoonheid van binne af?

Close