×
Skakel na Engels

Gewigsverlies vir koolhidraat-liefhebbers

Koolhidrate soos aartappelskyfies en pasta is die grootste dieetsondaar. Gebruik ons wenke om verstandige keuses te maak

 

Kilojoules is die belangrikste aspek wanneer jy gewig wil verloor, maar koolhidrate is kort op hul hakke. Dis egter nie nodig om ’n volslae Atkins- volgeling te word en net kaas en sirloin in jou koskas aan te hou nie, sê Stepha- nie Middleberg, ’n dieetkundige. Koolhidrate is noodsaaklik vir energie – en wat sal die lewe tog wees as jy nooit weer pasta kan eet nie? Verskillende strategieë werk vir verskillende mense, kies dus die miniplan waarby jy die maklikste sal hou.

1. Volg die 2-3-3-reël

Mense is geneig om hulle meer aan koolhidrate as enigiets anders te ooreet, dus kan porsietelling help om die kilojoules onder beheer te bring, sê Middleberg. Probeer om daagliks nie meer as twee porsies grane te eet nie (’n porsie is ’n halfkoppie rys of noedels, of twee snye brood) net drie porsies vrugte te geniet en nie meer as drie 220 ml-porsies suiwel nie. Jy sal gouer die resultate sien as jy aan gesonde grane soos by opsie 2 weglê, maar selfs al doen jy dit nie, sal dié plan jou laat gewig verloor. En vir nagereg? Eet een keer per week iets kleins!

2. Word ’n grotvrou

Ons voorgeslagte het sonder brood oorleef, en hulle was heelwat skraler. Voorstanders van die paleolitiese leer (ook die Ou Steentydperk genoem) vermy enige iets wat nie op ’n grotbewoner se tafel sou beland het nie, soos brood en pasta. Jy eet heelwat groente, vrugte, bone, neute en vis. Kundiges meen ’n sogenaamde ‘Paleo’-dieetplan − wat jy in boeke of by www.thepaleodiet.com kan vind – kan gesond wees as dit reg toegepas word, maar vir sommige kan dit te ekstreem wees. Gesels eers met ’n kundige as jy oorweeg om enige ander drastiese dieetaanpassings te maak.

3. Eet koolhidrate, moenie dit drink nie

Wat het lemoensap, ’n vodka-tonikum en gaskoeldranke gemeen? Dis alles pure koolhidrate, en elkeen bevat 420 kilojoules of meer. Een van die eenvoudigste maniere om gewig te verloor is om koeldranke vol suiker met water of ander koolhidraatvrye drankies soos gewone koffie te vervang.

4. Eet net die regte koolhidrate

Kossoorte wat van wit meel gemaak word – soos witbrood, witpasta en oliebolle – verteer vinnig, wat tot ’n skerp styging in jou bloedsuiker kan lei en jou hongerder kan maak. “Jy hou boonop meer water terug as jy heelwat gewone koolhidrate eet, wat jou opgeblase laat lyk,” sê Middleberg. Kies eerder komplekse koolhidrate soos bruinrys, bone en volgrane. Dit bevat baie meer vesel, wat jou versadig laat voel en voorkom dat jy jouself ooreet.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
GH-lesers kry eerste keuse in Restaurant Week

Gedurende Restaurant Week, 24 Oktober - 3 November, kan jy by sommige van ons land se top restaurante eet teen...

Close