×
Skakel na Engels

Getoetste produkte: Haartange

Kies die regte haartang: Of jy krulle of reguit hare wil hê, jy kort ’n haartang wat vir jou spesifieke tekstuur geskik is. Gebruik dié tabel om die regte een vir jóú te kies.
Haartange

Ken jou storie: Haartange of -stawwe met keramiekplate versprei hitte eweredig en konsekwent, wat die stileertyd en hitteskade verminder. Kyk dat daar 100% keramiek op die verpakking staan. (“Ceramic-coated” beteken dit sal mettertyd verweer.) ’n Haartang wat ook toermalyn bevat, sal vinniger warm word en die hare se kutikels verseël, wat dit ideaal maak om van kroeserigheid ontslae te raak en jou hare ekstraglansend te laat lyk.

FYN HARE

STRYKTANGE

GlampalmShot-5-6416

GLAMPALM Standard Magic Series-stryktang R2 700, www.glampalmhair.com

Die truuk is om nie kosbare volume te verloor terwyl jy jou hare glad stryk nie. Kies dus ’n tang met skuins kante wat hare glad, maar nie penreguit sal maak nie. 

KRULTANGE

Vidal-SassoonClicks015Xmas-1

VIDAL SASSOON Easy Wrap-haarstaf R399, Clicks

’n Dunner staf krul dun hare die beste. Kies een met ’n 20mm tot 35 mm-buis sonder klampe en hou dit altyd vertikaal om welige, los krulle te vorm. 

VIR BESTE RESULTATE

Keer dat jy jou hare skroei deur die tang se temperatuur tot matig of 150 °C te verlaag. “Te veel hitte maak dat fyn krulle vinniger uitsak,” sê L’Oréal Paris se selebhaarstilis Mara Roszak. Om volume te behou wanneer jy ’n stryktang gebruik, begin jou hare op oogvlak stryk en krul dit effens in na jou nek toe wanneer jy by die punte kom.

MEDIUM TOT DIK HARE

STRYKTANGE

kardashian-beauty-8439-560611-1

KARDASHIAN BEAUTY 1’’-keramiekhaarstileertang R2 795, Zando

Kies ’n tang wat jy tot 220 °C kan stel wat dik hare met een stryk glad sal maak. Dié stileerder se keramiekplate is met swartkomynolie bedek wat hare glad en glansend sal laat lyk.

KRULTANGE

233956309

ghd Curve Creativekrultang R2 299, www.ghdhair.com

Vir jou tekstuur het jy ’n krultang met ’n spits punt nodig (hou dit altyd met die punt afwaarts) om die vorm van natuurlike krulle na te boots en volume by jou kroon te skep. 

VIR BESTE RESULTATE

“Moenie jou hare alles in dieselfde rigting krul nie – regte golwe is nie so eenvormig nie,” sê Roszak. “Plaas die stileerder ’n paar sentimeter van jou wortels af en krul die hare om jou haarlyn weg van jou gesig af. Krul die res van jou hare deur dit afwisselend weg van en na jou gesig toe om die buis te draai.”

Lees: Vermy hierdie 9 foute wanneer jy jou hare droogblaas

GETEKSTUREERDE HARE

STRYKTANGE

clicks_97954230003

TONI&GUY Flawless Finishstryktang R599, Clicks

’n Smal tang laat jou toe om naby aan jou kopvel te begin stryk. Kies een met toermalyn in die plate en  gebruik dit op die hoogste temperatuur  vir ’n  gladde  afwerking. 

KRULTANGE

Unknown

GLAMPALM Magic Wand R1 999, www.glampalmhair.com

Of jy krulle wil skep of dié waarmee jy gebore is wil definieer, ’n keramiekstaf sal jou ’n natuurlike voorkoms gee en kroeserigheid tem. ’n Keëlvormige model sal die beste resultate lewer. 

VIR BESTE RESULTATE

Wanneer jy getekstureerde hare glad stryk, “werk in klein 1,5 cm-seksies wat nie breër as die tang se plate is nie”, sê die haarstilis Christina B. “Steek die boonste lae van jou hare vas; stryk elke laag 1,5 cm op ’n slag voordat jy die volgende laag losmaak. Herhaal totdat jy al jou hare gestryk het.”

FOTO: iStock/CentralITAlliance

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vermy hierdie 9 foute wanneer jy jou hare droogblaas

Haal die kroes uit jou kapsel met hierdie wenke. Deur Hanna Ibraheem.

Close