×

Gesondheidstendense vir 2017

Ses gesondheidstendense om vanjaar na uit te kyk
gesondheidstendense

 

Gesondheidstendense kom en gaan, of dit nou die nuutste fiksheidsklas, superkos of dieetfoefie is. Gesondheid is nie veronderstel om ’n tydelike gier te wees nie, maar ons val baie rond en verander ons metodes in ons pogings om gesond te wees! Ons kyk na ’n paar van die nuwe gesondheidstendense vir 2017.

  1. Verpersoonlikte voeding

    Mense se dieetvereistes verskil baie. Pleks van vir een magiese dieet te soek, besef al hoe meer mense dat wat vir ’n vriend werk, nie noodwendig vir hulle gaan werk nie. Die fokus is op voeding pleks van ’n vasgestelde maaltydplan, en mense is meer geneig om ’n dieetkundige te raadpleeg as om een of ander dieetgier te volg.

  2. Deur-tot-deur-afleweringsdienste

    Maaltydbeplanning is ’n integrale deel van gesond eet, maar die meeste van ons het ’n besige leefstyl. Deur-tot-deur-maaltydaflewering en klaarbereide kos wat maklik is om gaar te maak, raak al hoe gewilder in Suid-Afrika, en dit spaar ons tyd en moeite.

  3. Bly op die hoogte van jou vordering

    Baie mense maak korte mette met die raaiwerk en hou digitaal tred van hul vordering. Volgtoestelle en hartklopmonitorhorlosies bereken hoeveel treë jy elke dag gee, asook jou rustende hartkloptempo en slaappatroon. Verskeie apps is ook beskikbaar om tred te hou van watter kosse jy eet en hoeveel kilojoules jy inneem, soos Fitbit.

  4. Organiese en plaaslike velsorgprodukte

    Natuurlike, organiese, plaaslik vervaardigde velsorgprodukte is hier om te bly omdat mense ’n meer volhoubare lewe probeer lei. Velsorghandelsmerke beweeg ook weg van skerp chemikalieë en fokus op natuurlike bestanddele.

  5. Minder vermorsing

    Baie resepte fokus daarop om oorskiet van groente te gebruik om groenteaftreksels, -soppe en selfs geurmiddels soos pesto’s te maak. Mense raak meer bewus van hul koolstofvoetspoor en probeer vermorsing verminder deur verskillende maniere te probeer om oorryp vrugte en verlepte groente te gebruik. 

  6. Makliker toegang tot fiksheid

    Hoewel gimkontrakte nog altyd een van die min maniere was om toegang tot persoonlike afrigting en elite-oefenklasse te verkry, begin die fokus verskuif na bekostigbare maniere om te oefen. Mense beweeg weg van alles-inklusiewe-gimkontrakte  na gespesialiseerde oefenklasse. Daar is ook ’n toename in gemeeskapsfiksheid met inisiatiewe soos gratis jogaklasse en die internasionale Parkruns wat in die meeste buurte aangebied word. Mense maak ook al hoe meer staat op aanlyn fiksheidsafrigting, fiksheid-apps en YouTube-fiksheidsvideo’s.

    Lees ook:

    7 redes hoekom jy nie in die nuwe jaar moet detoks nie
    30 goed wat ons nou weet oor dieet ná 40
    100 jaar van oefenstyl

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kernklerekas vir werk vir minder as R1 600

Doen saam met ons inkopies! Hier is agt items vir ’n basiese en bekostigbare kernklerekas vir werk

Close