×
Skakel na Engels

Gesonde kosblik-dorslessers

Saam met elke gesonde kosblik-ete is ’n ewe gesonde drinkding nodig. Bly weg van gaskoeldrank en probeer liewer dié opsies
  • Water: Water gee jou kind alles wat hy/sy nodig het om gehidreer te bly en vloeistof aan te vul wat deur byvoorbeeld sweet verloor word. Water is nie net kilojoule-vry nie, maar help ook om jou kind energie te gee vir die middag wat voorlê.

 

  • Milk: Laevetmelk is ’n gesonde bron van kalsium, vitamien D en fosfor – drie voedingstowwe wat jou kind vir sterk bene en tande nodig het. Melk verskaf ook ’n goeie dosis proteïen. Gee jou kind laevetmelk, want dit bevat minder versadigde vet as volroommelkprodukte. Baie supermarkte verkoop melk in klein kartonnetjies wat jy kan vries en soggens in jou kind se kosblik kan sit. As jou kind laktose-intolerant is, kies alternatiewe soos soja- of rysmelk wat ook ’n gesonde hoeveelheid kalsium en proteïen verskaf.
  • Sap: ’n Porsie vrugte- of groentesap kan baie van dieselfde vitamiene en minerale verskaf as van die oorspronklike produk. Kies 100%-vrugtesappe om jou kind se suikerinname laag te hou. As jou kind van groentesap hou, kry sappe met ’n lae natriuminhoud, want te veel sout is nie goed vir jou kind se gesondheid nie.

 


Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Waarskuwing! Kosblik-ruspers op pad!

Verras jou kinders met hierdie oulike kaas-en-tamatie-rusperrolletjies in hul kosblikke

Close