×
Skakel na Engels

Gesinsvriendelike resepte vir die week

Gesinsmense sal dol oor hierdie resepte wees. Daar’s iets vir jonk en oud vir die hele week!

Maandag: Lensie-en-quinoa-burgers

Lentil & quinoa burger

Hierdie heerlike, voedsame lensie-en-quinoa-burgers is net reg vir #VleisloseMaandag. Nooi die familie om te kom kuier sodat hulle ook hul vleisinname kan verminder. Kry hierdie burgerresep hier.

Dinsdag: Hoender-en-beetslaai

Chicken & beetroot salad

Maak ’n lekker vars, vullende slaai vir die tweede dag van die week. Dié hoender-en-beetslaai is ’n sprekende bewys dat slaaie nie vervelig en net vol blare hoef te wees nie. Kry hierdie slaairesep hier.

Woensdag: Chorizo-gevulde skorsies

Chorizo-stuffed squash

’n Volmaakte huwelik van vleis en groente. Die soutige smaak van die chorizo saam met die romerigheid van die skorsie sorg vir ’n wengereg! Kry hierdie skorsieresep hier.

Donderdag: Ligte somersop

Light summer soup

Die groente komplementeer mekaar perfek en sal jou beslis vir nog ’n happie laat nader staan. Dis die ideale gereg om die oorskiet die volgende dag saam werk toe te neem! Kry hierdie sopresep hier.

Vrydag: Polenta-pizza

Polenta pizza

Die einde van die week kan net een ding beteken – dis pizzatyd! Hierdie polenta-pizza is ideaal vir mense wat sensitief vir gluten is. En dis die perfekte verskoning vir ’n familiekuier sodat elkeen hul eie pizza kan maak. Kry hierdie pizzaresep hier.

Saterdag: Roereier met gerookte salm

Smoked salmon and scrambled eggs

Hou die oggend lig en vars met hierdie heerlike ontbyt! Die geurige gerookte salm is ’n fantastiese kombinasie met die donsige roereier. Kry hierdie salmresep hier.

Sondag: Beet-carpaccio met bokmelkkaas-en-neutballetjies

Beetroot carpaccio with nut-coated goat’s cheese

Beïndruk die skoonmense wanneer hulle vir Sondagmiddagete oorkom met hierdie inspirerende beet-carpaccio met bokmelkkaas-en-neutballetjies. Die romerigheid van die kaas gaan perfek saam met die pikante smaak van die beet. Kry hierdie beetresep hier.

Heerlike nagereg: Suurlemoenmousse

Lemon mousse

Hierdie suurlemoenmousse is lig en verfrissend – die perfekte naweeknagereg! Jy sal jou gaste sonder veel moeite beïndruk. Hulle sal beslis die resep wil hê! Kry hierdie mousse-resep hier.

Sondag-bederf: Tuisgemaakte konfyt

Banting-friendly recipes

Maak heerlike konfyt vir jou tuisgebakte brood en skons. Dis maklik om te maak en te bêre en maak ook fantastiese geskenke vir ’n huisinwydingspartytjie. Kry hierdie konfytresepte hier.

LEES OOK:

Jou verruklike vingerkosfees

6 geregte met ’n verrassende oorsprong

6 superkosse wat jy nie hoef te koop nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Geurige, gesinsvriendelike resepte vir die week

Hier is sewe aandete-resepte om hierdie week te probeer, asook ’n heerlike nagereg en Sondag-gebak om te geniet!

Close