×
Skakel na Engels

Gesinsgeregte met net 5 (of minder) bestanddele

Dié geregte kry vyf uit vyf vir maklikheid!

Maandag: Murgpampoentjie-happies

Hierdie murgpampoentjie-happies is ideaal vir ’n vleislose Maandag. Bedien dit as ’n voorgereg as jy vir ’n groot groep kook, of maak ’n reuse-bak wat as hoofgereg geniet kan word. 

Dinsdag: Worsrol

Hierdie maklike worsrolresep gaan ’n gesinsgunsteling word. Terwyl dit in die oond is, kan julle as gesin gehaltetyd deurbring.

Woensdag: Ham-en-kaasstokkies met aïoli

Hierdie ham-en-kaasstokkkies met aïoli is ’n smullekker bederf vir die middel van die week. Of jy dit nou warm of by kamertemperatuur voorsit, dis onweerstaanbaar! Nog ’n voordeel is dat hierdie heerlike stokkies as ’n voorgereg of hoofgereg geniet kan word na gelang van hoeveel jy maak.

Donderdag: Gnocchi-en-chorizo-gebak

Hierdie gnocchi-en-chorizo-gebak, met sy wenkombinasie van kaas en chorizo, sal beslis nie teleurstel nie. 

Vrydag: Hoender a là bierblikkie

Ideaal vir ’n aand saam met vriende. Hierdie bierhoender is pret om te maak en nog beter om te eet! Geniet dit saam met ’n paar bygeregte vir ’n heerlike Vrydagaandfees. 

Saterdag: Broodjies met spinasiebeet, gruyère en eiers

Begin die naweek met hierdie smaaklike, supermaklike eierontbyt. Jy kan enige brood gebruik, solank die snye groot genoeg vir ’n eier in die middel is. Voeg ekstra kaas by as dit jou gelukkig maak!

Sondag: Gerookte-salm-blini’s met tzatziki

Hierdie gerookte-salm-blini’s met tzatziki is perfek vir saam met ’n Sondagbraai. Stil solank die ergste honger terwyl die vleisie op die kole is.

Verruklike nagereg: Framboos-meringuebom

Ons daag jou uit om hierdie vars en dekadente nagereg te maak! Dit is makliker as wat dit lyk – belowe! Al wat nodig is, is geduld en ’n bietjie finesse. 

Naweekgebak: Tarte tatin met pruim en marsepein

Niemand gaan jou glo dat hierdie indrukwekkende gereg uit slegs vier bestanddele bestaan nie. Dit is die hoogtepunt van enige onthaal of geleentheid, bloot omdat dit so mooi is. En dit smaak nog beter as wat dit lyk!

LEES OOK:

6 geregte met ’n verrassende oorsprong

6 superkosse wat jy nie hoef te koop nie

Wat jou kosdrange werklik beteken

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Beproefde, getoetste en staatmaker-gesinsetes vir die hele week

Jou gesin sal behoorlik hul vingers aflek!

Close