×
Skakel na Engels

Nuutste neiging: Gesig-essens

Net toe jy dink jy ken die geheim vir ’n mooi vel …
essens

Ons het al van verfrisser, serum en gesigolie gehoor, maar van essens? Skoonheidessens het onlangs begin aandag trek en is groot op die Koreaanse modefront. Maar wat presies is dit en hoe baat jou vel daarby?

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishuding op Pinterest vir nog.

Net soos verfrissers het die meeste essens ’n waterige of melkerige tekstuur, maar dit bevat meer aktiewe bestanddele wat deur die vel geabsorbeer kan word voordat jy jou serum, vogroom en grimering aanwend. Dit beteken dat jou vel ’n ekstra dosis bevogtiging inkry voordat jy met die res van jou skoonheidsroetine aangaan. En ons weet hoe belangrik ’n gehidreerde vel is!

Hoe om essens te gebruik

Essens werk anders as ’n verfrisser, wat gewoonlik met watte op die vel aangewend word, of as ’n serum, wat met skoon vingers aangewend word. Aangesien ’n essens belangrike bestanddele in ’n hoogs gekonsentreerde dosis bevat, moet jy ’n bietjie daarvan uit die buisie in jou hand druk en liggies op jou vel tik. Sodoende word niks daarvan deur die watte geabsorbeer nie – alles word direk deur jou vel opgeneem. 

The Body Shop Oils of Life Intensely Revitalising Essence Lotion

Hierdie formule bevat die olies van drie kosbare sade wat helend op die vel inwerk. 

Comfort Zone Hydramemory Essence

Hierdie intensiewe, gekonsentreerde en geurlose essens bestaan uit 11 hidrerende aktiveermiddels. 

Algenist Hydrating Essence Toner

Met hierdie twee-in-een produk propvol alguroonsuur vir ’n gladde vel, kan jy van jou verfrisser afsien.

The Body Shop Vitamin E Aqua Boost Essence Lotion

Hierdie vitamine E-ryke jelformule is nie vetterig nie en beloof intense hidrasie vir 48-uur-bevogtiging. 

LeesHoe om gesigolies en -serums reg aan te wend

Skinfood Royal Honey Propolis Essence

Propolis en prinsesselei is albei bekend vir hul skoonheidsvoordele, en hierdie essens bevat heelwat van albei. Sê hallo vir ’n stralende vel!

FOTO: iStock/andresr

LEES OOK:

Die beste skoonheidsolies vir jou hare en vel

Wat is hialuroonsuur en waarom moet jy dit gebruik?

Jou gids tot velsorgbestanddele

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe ’n gesigbehandeling jou vel ’n kollageen-hupstoot kan gee

Een gesigbehandeling is dalk al wat tussen jou en ’n vlekkelose vel staan! Deur Helen Wallace

Close