×
Skakel na Engels

Geniet hierdie heerlike wyn en jy kan WEN!

Daar’s min dinge so lekker soos ’n glas goeie, koue wyn op ’n warm somersdag
wyn

Kan daar ’n beter manier wees om die komende vakansie te vier as met lekker wyn? Fat Bastard het net die regte feestelike wyn vir jou!

Toe Thierry en Guy hul heerlike wyne begin maak het, het hulle hul hart en siel in elke bottel gesit. Die naam Fat Bastard het ontstaan toe die wyn vir veel langer gelos is om te fermenteer as wat dit veronderstel was. Die wyn het gevolglik baie voller en geronder ontwikkel en toe hulle dit geproe het, was daar geen ander manier om dit te beskryf as “fat bastard” nie. Dié tradisie van die vervaardiging van volronde wyne wat met lag-uit-die-maag-kuiers en vrolike skaterlag geniet moet word, word vandag nog voorgesit. 

Die Fat Bastard-reeks smaaklike wyne bestaan uit: sauvignon blanc, chardonnay, pinot noir rosé, merlot, pinotage, shiraz en cabernet sauvignon. 

Wil jy graag ’n wegbreek na die Blyderivierpoort in Mpumalanga wen? Sluit jou by Fat Bastard se Mr B aan vir ’n#LiveLarge-wegbreek van drie nagte ter waarde van R50 000 by die fantastiese umVangati House in die hartjie van die Blydervierpoort. Al wat jy moet doen, is om deel te neem!

Neem só deel

Daar is twee maniere waarop jy ’n kans kan staan om dié prys te wen:

1. Koop ’n bottel Fat Bastard-wyn met ’n reklame-etiket om die bottelnek. Skakel die volgende nommer: *120*52489# gevolg deur die laaste vier syfers van die produk se strepieskode. Byvoorbeeld: *120*52489#1234#

Volg dan die aanwysings om jou aansoek voor 23 Desember 2017 in te dien.

2. Neem deel aan die kompetisie op die Fat Bastard-webwerf. Kliek HIER om deel te neem, vul die vorm in en dien dit voor 23 Desember 2017 in.

Die wenner sal op of voor 11 Januarie 2018 aangekondig word.

Fat Bastard-wyne word deur Robertson Winery vervaardig, 160 km van Kaapstad af in die pragtige Robertson-wynvallei. Die proelokaal is sewe dae per week oop.

Vir nog inligting oor Fat Bastard-wyne, besoek www.fatbastardwine.co.za. Volg @FATbastardWineSA op Facebook, @FATbastardSA op Twitter en fatbastardsa op Instagram 

FOTO: iStock/ViewApart

LEES OOK:

5 ongewone wynkombinasies wat jy gerus kan probeer

Hoe om ’n wynrak van herwonne hout te maak

Hoe aalwyn jou vel kan help

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief