×
Skakel na Engels

Gee ou Kersballe nuwe lewe

’n Bietjie verbeelding sal jou ver bring!
kersballe

Het jy iets nodig om die kinders in die skoolvakansie besig te hou? Haal jou ou, moeë Kersversierings uit en gee dit nuwe lewe met hierdie prettige kunsvlytprojek. (Bonus: Dis ook ’n fantastiese herwinningsles vir jou kinders!)

Wat jy nodig het:

* Ou Kersballe (of koop ’n paar goedkoop balle as jy nie het nie)

* Bostik Rainbow Glitter Glue

* Bostik Crazy Clay

* Bostik Clear All Purpose Adhesive

* Bostik Prestik

  1. Bedek die balle deeglik met Bostik Rainbow Glitter Glue. Hang dit van jou kombuistoonbank of ’n soortgelyke oppervlak af met die toutjies wat aan die versierings vas is en ’n bietjie Bostik Prestik. Laat die versierings droog word.
  2. Gebruik Bostik Crazy Clay om oë, snorre en mooi lippe te skep.
  3. Sodra die blinkergom op die balle droog is, gebruik Bostik Clear All Purpose Adhesive om die lippe, snorre en oë aan die balle vas te gom.
  4. Laat die gom droog word.
  5. Hang die versierings aan jou Kersboom.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Binne-in ons feestelike Desember-uitgawe

Die immer-inspirerende, vars en pragtige Jennifer Aniston is op die voorblad van ons Kersuitgawe en dit is PROPVOL goeie idees...

Close