×
Skakel na Engels

Frankryk wil wolwefluite en onwelvoeglike aanmerkings onwettig verklaar

Die regering is van plan om dié land se macho kultuur te stuit. Deur Naomi Gordon
Wolwefluite

Wolwefluite en ander vorms van openbare teistering teen vroue gaan moontlik ’n kriminele oortreding in Frankryk word regtens regeringsplanne om die land se macho kultuur te bestry. Luidens The Times sal die nuwe wette mans ook verbied om vroue op straat te volg en herhaaldelik vir hul telefoonnommers te vra.

Die ondersekretaris vir geslagsgelykheid, Marlène Schiappa, en ’n span van vier ander LP’s is tans besig om wetgewing op te stel waarvolgens openbare teistering en intimidasie verbied sal word. Die politici sal ook nog besluit watter straf oortreders opgelê sal word.

“Die idee is om straatteistering te karakteriseer sodat die polisie mans kan beboet wat vroue op straat volg, intimideer en in die openbaar teister,” het Schiappa aan die plaaslike pers gesê.

“Dit is ’n kulturele stryd wat daarop gerig is om ’n einde te maak aan die stilswyende konsensus oor die aanvaarding van geweld.” Hierdie streng optrede volg op die publikasie van meningspeilings wat toon dat bykans alle Franse vroue op een of ander tydstip in hul lewe op openbare vervoermiddels, in die straat of elders geteister is.

President Macron het gedurende sy verkiesingsveldtog vroeër vanjaar beloof om ’n einde aan die probleem te maak. Schiappa – wat met haar blog vir werkende ma’s bekendheid verwerf het – het haar voorheen daarvoor beywer dat mans wat vroue in die openbaar teister, beboet moet word.

‘Twintig euro’s (R320)* sal effens vernederend wees. €5,000 (R80 000)* sal meer van ’n afskrikmiddel wees,” het die 34-jarige politikus vroeër vanjaar aan The Guardian gesê. Sy het verduidelik dat wedersydse flankeerdery tussen mans en vroue vanselfsprekend nie onwettig sal wees nie, en bygevoeg: “Om met iemand te gesels en ’nnommer te vra, sal nie as teistering beskou word nie.”

*Volgens die wisselkoers tydens publikasie.

Uit: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/Mixmike

LEES OOK:

Maandstonde-verlof kan dalk ’n werklikheid word

7 dinge wat dokters wil hê vroue van hul seksuele gesondheid moet weet

Is tronkstraf ons voorland vir Facebook-foto’s van ons kinders?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Word jou kind deur ’n opvoeder geboelie?

Dis nie net kinders wat boelies op skool is nie

Close