×
Skakel na Engels

Ellen sit haarself in Taylor Swift se video – en dis skreeusnaaks!

Ons voorbladster Ellen DeGeneres soos jy haar nog nooit gesien het nie. Jammer, Tay-Tay!
Taylor Swift

 

As jy al Taylor Swift se musiekvideo vir haar nuwe treffer “Look wat you made me do” gesien het,  móét jy hierdie video kyk.

Dit blyk dat ons Oktober-voorbladster, Ellen DeGeneres, in die “oorspronklike” musiekvideo verskyn het. Voordat sy die eksklusiewe voorskou van dié video deel, vertel Ellen dat sy “oor ’n vriendin van my wil praat … haar naam is Taylor Swift, en ek wil julle vertel hoe puik haar nuwe musiekvideo is,” maar Ellen noem dan dat dit “selfs beter kon wees”.

Terwyl sy Taylor en haar musiekvideo se lof besing – die video is al meer as 460 miljoen keer gekyk vandat sy dit verlede maand die eerste keer by die MTV VMA-toekenningsgeleentheid gesing het – kan ons nie anders as om aan Ellen se lewenslesse vir goedhartigheid te dink wat sy in die nuutste uitgawe van Goeie Huishouding deel nie. Ellen moedig almal aan wat Taylor se regte musiekvideo gekyk het om slegs $1 (dis R13,46) aan die Hand in Hand-orkaanbystandsfonds te skenk. Klink dit bekend? Dit herinner ons aan haar eerste lewensles: Wees net gaaf.

Ellen verduidelik verder dat hoewel sy deel van Tay-Tay se span is, sy vermoed dat sy uit die video weggelaat is omdat Taylor soms bedreig voel deur haar. Dis immers Ellen DeGeneres van wie ons hier praat! Gelukkig lyk dit asof die twee Ellen se vierde les – leer om te vergewe – toegepas het, want daar’s duidelik geen kwade gevoelens tussen hulle nie.

Kyk die fopvideo hiér. En kry ons Oktober-uitgawe om meer oor Ellen se goue reëls vir gaafheid te lees. Jy kan ’n digitale uitgawe hier koop.

 

Foto: 

LEES OOK:

10 aanhalings van Ellen DeGeneres wat jou selfs meer van haar sal laat hou

Ellen gesels met Trevor

Kyk hier wat die lirieke van “Despacito” REGTIG beteken. Waarskuwing: Eksplisiete inhoud!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 13 mooiste uitrustings by vanjaar se Emmy-toekenningsgeleentheid

Van Reese Witherspoon tot Mandy Moore – al jou gunstelinge is hier! Deur Cara Spunk

Close