×
Skakel na Engels

Eet jouself jonk

Hierdie vyf kossoorte sal help om die tekens van veroudering teen te werk

Lyk ’n paar jaar jonger deur jou dieet met hierdie teenverouderingskosse aan te vul:

 

1. Vis

Naas proteïen is vis ook gelaai met omega-3- essensiële vetsure, wat cholesterolvlakke in jou liggaam verminder en jou geheue en breinfunksie verbeter. Omega-3-vetsure help ook om jou vel teen sonskade te beskerm.

 

2. Broccoli

Hierdie groentesoort is bekend daarvoor dat dit ’n hoë swael- en antioksidant-inhoud het, wat ’n gesonde vel aanmoedig en jou energievlakke laat styg. Net soos kool, is broccoli bekend as ’n natuurlike detoksifiseerder. Hierdie groen groente beperk gifstowwe wat in jou bloedstroom opbou en uiteindelik jou gelaat aantas, tot die minimum. (Lees meer oor hoekom groen groente so goed is vir jou.)

 

3. Tamatie

Hierdie helderrooi groente is ryk aan lisopeen, een van die kragtigste natuurlike antioksidante. Lisopeen beskerm ons vel teen skadelike ultraviolet strale (en draai só briek aan met die verouderingsproses) en laat velselle weer herstel.

 

4. Eiers

Eiers is ’n uitstekende bron van proteïen, wat liggaamsweefsel bou, in stand hou en vervang. Dit bevat ook vitamien D, wat help om jou bene en tande sterk te maak. (Lees meer oor die gesondheidsvoordele van eiers.)

 

5. Bessies

Hierdie gesonde smulhappies bars uit hul nate van antioksidante, wat help om die struktuur van jou vel in stand te hou. Bessies help glo ook jou liggaam om kollageen te vervaardig – en kollageen is juis wat ons vel ferm en glad hou.

 

Lees meer oor hoe om die tekens van veroudering te beveg:

Vier haarstyle wat die jare sal laat waai

Beveg die tekens van veroudering met dié skoonheidstruuks 

Laat jou hande jonger lyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vyf algemene dieetfoute wat vroue maak

Jou dieet is dalk die oorsaak van jou gewigsprobleme - probeer gerus ons vyf moets en moenies vir suksesvolle gewigsverlies

Close