×
Skakel na Engels

Een simptoom van ovariële kanker wat mense dink “normaal” is

Dit kan dalk met jou gebeur!
ovariële kanker

Hoewel ons nie ons lewe lank in vrees wil leef en elke ongewone simptoom wat ons ervaar as ’n lewensgevaarlike siekte wil diagnoseer nie, is dit tog belangrik om bewus te wees van simptome wat op iets ernstigs kan dui.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Ovariële kanker raak jaarliks 7 300 vroue in Brittanje, volgens statistieke van Targeting Ovarian Cancer, en daar sterf daagliks 11 vroue weens dié siekte. Daarom is dit so belangrik dat ons almal van die simptome bewus is. 

Van die 1 000 vroue wat deel van die opname was, het slegs 1% egter geweet dat ’n drang om meer as gewoonlik te wil urineer ook ’n simptoom van ovariële kanker kan wees. Katherine Pinder, die ondervoorsitter van Target Ovarian Cancer, verduidelik: “Die behoefte om meer as gewoonlik of dringender te piepie – en eintlik alle simptome van ovariële kanker – kan ontstaan omdat ’n massa in die buikgedeelte op die omliggende organe, waaronder die blaas, begin druk. Dis soortgelyk aan wat gebeur wanneer ’n vrou swanger is en dalk meer moet piepie.”

Daar is natuurlik talle ander redes waarom jy skielik meer gereeld toilet toe moet gaan – as jy byvoorbeeld jou waterinname verhoog het, of as jy onwetend aan ’n ander siekte soos diabetes ly. Maar die blote wete dat daar ’n geringe kans is dat jou gereelder besoeke aan die toilet kan beteken dat jy dalk ovariële kanker het, veral as jy ook ander algemene simptome ervaar, kan jou aanmoedig om gouer die nodige mediese hulp te kry.

Die ander drie hoofsimptome van ovariële kanker waarna jy moet uitkyk:

1. As jy aanhoudend opgeblaas voel (nie opgeblasenheid wat kom en gaan nie)

2. As jy baie vinnig versadig voel en/of jou aptyt verloor het

3. As jy pyn in jou bekken of buik ervaar (dus in jou maag en daaronder)

4. As jy een of meer van hierdie simptome ervaar en jy dit nooit voorheen so aanhoudend ervaar het nie, besoek jou huisdokter.

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/Rawpixel

LEES OOK:

“Ek het borskanker twee maal oorwin”

6 tekens van skildklierkanker wat jy maklik kan miskyk

Dokters het hierdie vrou se suster weggewys toe sy servikskanker gehad het

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
“Ek het borskanker twee maal oorwin”

Die ongelooflike verhaal van ’n dapper vrou wat borskanker twee maal oorwin het

Close