×
Skakel na Engels

Een gelukkige leser kan ’n Zando-geskenkbewys ter waarde van R1 500 WEN om op die Swart Vrydag-uitverkoping te bestee!

Swart Vrydag is hier! Wel, ten minste by Zando …
zando

Is jy gereed vir die grootste uitverkopings in Suid-Afrika wat op Vrydag 24 November begin? Die aanlyn modekleinhandelaar Zando is beslis gereed! Ons het met Zando se hoof van aankope, Michelle Keytel, oor die Swart Vrydag-uitverkoping gepraat terwyl ons onsself en ons beursies vir fantastiese afslag regkry 

black_friday_zando_2_

GH: Wat voorspel jy sal klante op hierdie Swart Vrydag koop?

Michelle: Met tot 80% afslag op so baie produkte sal klante hope koop, maar ons weet oor watter kategorieë klante dol is. Daarom het ons dit spesifiek aangeskaf. Ons klante is mal oor rokke, hoëhakskoene en sandale. Hulle hou ook van goeie geskenkkategorieë soos horlosies, fyngeure en handsakke.

GH: Hoekom dink jy het Swart Vrydag so ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse inkopiekultuur geword?

Michelle: Swart Vrydag is ’n geleentheid om fantastiese produkte teen ongelooflike pryse te kry, en die Suid-Afrikaanse verbruiker het hierdie tradisie baie vinnig hul eie gemaak.

GH: Hoe berei Zando elke jaar vir Swart Vrydag voor en wat is anders omtrent vanjaar se uitverkoping?

Michelle: Zando se aankopespan maak die beste kopies moontlik, en met die verhoudings wat ons gebou het, raak hierdie aanbiedings elke jaar net beter!

GH: Watter persentasie items word gemiddeld ná die Swart Vrydag-uitverkoping teruggestuur?

Michelle: Dis ’n relatief lae persentasie. Dit is danksy die feit dat die pryse so goed is.

GH: Wat is jou raad oor hoe om so ’n opwindende uitverkoping te benader?

Michelle: Vir ons is die opwindende deel dat die klante nie weet watter fantastiese aanbiedings hulle gaan kry nie, en ons hou daarvan om dit elke dag te verander. My raad sou wees om items by jou mandjie te voeg voordat die uitverkoping begin om teleurstelling te voorkom wanneer jy uitvind dat die item wat jy wil hê, reeds uitverkoop is.

GH: Wat sal die beste tyd wees om op Swart Vrydag by Zando te koop?

Michelle: Daar is heeldag lank fantastiese aanbiedings. Klante moet die webwerf gereeld besoek om te kyk watter nuwe aanbiedings beskikbaar is.

GH: Hoe verseker julle dat Zando se spesiale aanbiedings bo ander Swart Vrydag-uitverkopings uitstaan?

Michelle: Ons het 20 000 items van bekende en gewilde handelsname op uitverkoping.

GH: Hoekom moet kopers Zando hul voorkeur-kleinhandelaar vir Swart Vrydag maak?

Michelle: Die meeste van ons aanbiedings is teen afslag van tussen 60% en 80% beskikbaar. Ons het egter ook met Visa saamgespan, so as jy Visa Checkout gebruik, kry jy ’n ekstra 10% afslag. Maar daar is beperkte tye wanneer hierdie afslag beskikbaar sal wees – kry dit dus terwyl jy kan!

GH: Wat kan die wenner op Swart Vrydag met R1 500 koop?

Michelle: Die items op uitverkoping begin by R55, en met sommige tekkies vir minder as R150 en jeans vir minder as R250 kan jy ’n klomp goed met R1 500 koop.

Hooffoto: iStock/andresr

Besoek www.zando.co.za vir nog inligting.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 5 behandelingspakkette ter waarde van R7 260 elk van The Laser Beautique!

Vyf gelukkige lesers kan elk ’n behandelingspakket wen met vergunning van Goeie Huishouding en The Laser Beautique!

Close