×
Skakel na Engels

Droogborsel: Wat is dit en hoekom moet jy dit doen?

Wil jy meer as net ’n gladde vel hê?
Droogborsel

Ons weet almal van die voordele van ’n lyfskrop en vir baie is dit deel van ons weeklikse of soms daaglikse velsorgroetine. Droogborsel is die nuwer weergawe van die gebruik van ’n lyfskrop en het verskeie blywende voordele. Daarom het dit ’n welverdiende plek in ons skoonheidsregime gekry.

Om droog te borsel het jy ’n skoon stortborsel nodig wat van natuurlike eerder as sintetiese hare gemaak is en wat jy in opwaartse hale beweeg. Jy begin by jou voete en werk boontoe. ’n Borsel met ’n lang handvatsel werk die beste omdat jy daarmee oral kan bykom.

Luister na jou liggaam en gebruik die hoeveelheid druk wat gemaklik voel. Maak seker dat jy goed gehidreer is en drink ná die tyd baie water om met die ontgiftingsproses te help. Nadat jy jou hele lyf geborsel het, spring in die stort om af te spoel.

Hoekom behoort jy jou lyf droog te borsel?

Dit skilfer jou vel af

’n Derde van die gifstowwe in ons liggaam word deur die vel afgeskei. Droogborsel raak dus nie net daarvan ontslae nie, maar verwyder ook enige opbou van dooie velselle, speel klaar met verstopte porieë en ingroeihare, en help dat jou vogroom jou vel dieper binnedring. Ná ’n paar sessies sal jy agterkom dat jou vel sagter, gladder en soepeler is.

Lees: Jou gids tot afskilfering

Dit wek jou limfstelsel op

Droogborsel help om die vervoer van suurstof na die res van die liggaam te versnel en dit help die limfkliere om jou bloed te detoksifiseer. Daar is bewys dat hierdie natuurlike manier om die limfvloei te verbeter ook die vorming van spatare, selluliet en enige velverkleuring verminder sodat jou bene gesond is en goed lyk.

Lees: As jy nie water drink nie, is dít wat met jou liggaam gebeur

Dit verhoog jou energievlakke

Wil jy soggens meer verkwik voel op ’n manier wat nie koffie behels nie? Droogborsel kan dalk net die antwoord wees. Dit stimuleer sirkulasie en bloedvloei wat nie net goed vir jou vel is nie, maar ook vir jou gees en liggaam. Dit is dalk net die energiehupstoot wat jy nodig het om die dag met lewenslus aan te pak.

FOTO: iStock/STUDIOGRANDOUEST

LEES OOK:

Doen dit self: Hoe om jou kopvel af te skilfer

Die ABC van afskilfering

3 geheime vir ’n mooi vel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief