×
Skakel na Engels

Drie webtuistes om jou geldsake te orden

Neem beheer oor jou geldsake met behulp van hierdie webtuistes
  • Just Money het raad met feitlik alle geldelike kwessies. Jy kan bankrekenings, kredietkaarte en fooie vergelyk, of inligting kry aangaande mediese fondse, verse- keringsmaatskappye, beleggings, lenings en aftreepakette op die mark. Dit verduidelik ook motorfinansiering en bied inligting oor skuldkonsolidasie én -berading. Jy kan direk op Just Money vir hierdiedienste aansoekdoen – vul bloot jou besonderhede in en die betrokke konsultant sal jou skakel. Of jy kan self ’n Just Money-deskundige kontak vir meer raad. Die webtuiste bied ook gereelde nuusflitse op al die verskeie gebiede; of teken in en ontvang ’n nuusbrief per e-pos.

 

  • Ons hou van die ‘shift_ctrl’-leuse van hierdie briljante – en gratis – persoonlike begrotingswebtuiste. Moneysmart het vyf hoofkenmerke: dit analiseer en kategoriseer transaksies, volg jou bestedingspoor, toon transaksies in ’n maklike sirkelkaart, help jou om doelwitte te stel en na te gaan en stuur aan jou geldelike kennisgewings. Daar is drie maniere omdiédiensintespan:laaijou bankstate in .csv-formaat op, sin- chroniseer jou rekenings of stel ’n spreiblad saam. As jy nou net ‘Huh?’ gesê het, moenie bekommerd wees nie: daar is ’n klets-funksie wat bystand verleen.

             Twitter: MONEYchirps

             Facebook: moneysmartsa

 

  • Laat die woord ‘kredietverslag’ jou voel asof jy in ’n oerwoud verdwaal het? Sus jou gewete met CreditExpert deur Experian – een van Suid-Afrika se vernaamste verbruikers-kredietburo’s – wat jou kan help om op dreef te kom met jou persoonlike kredietinligting. Wanneer jy registreer sal jy in staat wees om jou kredietverslag soveel as wat jy wil na te gaan, moontlike identifikasiebedrogtemonitoren seker te maak dat jou verslag jou kredietgeskiedenis noukeurig toon. CreditExpert verskaf ook raad oor hoe jy jou gradering kan verbeter – aangesien ’n positiewe verslag jou help om vir beter rente- koerse te onderhandel – wat jou op die ou end geld kan spaar.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Om te koop, of nie

Besluite oor wat om te koop is makliker as jy jouself afvra watter kopie jou die gelukkigste sal maak

Close